JAKOBUS 1:25-27
JAKOBUS 1:25-27 Bybel vir almal (ABA)
Maar iemand is gelukkig wanneer hy goed luister na die wette van God, die wette wat heeltemal reg is en wat 'n mens vry kan maak. As so iemand aanhou luister, dan vergeet hy nie wat hy gehoor het nie, nee, hy doen dit. En so 'n mens sal regtig gelukkig wees omdat hy doen wat die wette van God sê. As iemand dink dat hy vir God dien maar hy dink nie voordat hy praat nie, dan bedrieg hy homself, en dan beteken sy godsdiens niks. Die regte en die rein manier om vir God die Vader te dien, is dit: Jy moet sorg vir weeskinders en vir weduwees wat swaarkry. En 'n mens moenie dat hierdie sondige wêreld jou onrein laat word sodat jy slegte dinge doen nie.
JAKOBUS 1:25-27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar hy wat diep insien in die volmaakte wet van die vryheid en daarby bly, hy sal, omdat hy nie 'n vergeetagtige hoorder is nie, maar 'n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen. As iemand onder julle meen dat hy godsdienstig is en sy tong nie in toom hou nie, maar sy hart mislei, die godsdiens van hierdie man is tevergeefs. Reine en onbesmette godsdiens voor God en die Vader is dít: om wese en weduwees in hulle verdrukking te besoek en jou vlekkeloos te bewaar van die wêreld.
JAKOBUS 1:25-27 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar iemand wat hom verdiep in die volmaakte wet wat 'n mens vrymaak, en hom daaraan hou en nie vergeet wat hy hoor nie, maar dit doen, hy sal gelukkig wees in wat hy doen. As iemand dink hy is godsdienstig, maar hy hou nie sy tong in toom nie, bedrieg hy homself. Sy godsdiens is waardeloos. Egte en suiwer godsdiens voor God die Vader is om weeskinders en weduwees in hulle moeilike omstandighede by te staan en om jou skoon te hou van die besmetting van die wêreld.
JAKOBUS 1:25-27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar wie diep in die volmaakte wet van vryheid inkyk en daaraan hou, sal gelukkig wees in wat hy doen, omdat hy nie 'n vergeetagtige hoorder is nie, maar 'n doener. As iemand dink dat hy godsdienstig is en nie sy tong kan beheer nie, mislei hy homself; so 'n mens se godsdiens is vergeefs. Dít is suiwer en onbesmette godsdiens voor ons God en Vader: om na weeskinders en weduwees om te sien in hulle ellende, en jouself onbesmet van die wêreld te hou.
JAKOBUS 1:25-27 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar elkeen wat insien na die volmaakte wet van vryheid en daarin bly, hy is nie 'n vergeetagtige hoorder nie, maar 'n dader van die werk, hierdie man sal geseën word in sy daad. As iemand onder julle blykbaar godsdienstig is en sy tong nie in toom hou nie, maar sy eie hart bedrieg, hierdie man se godsdiens is tevergeefs. Reine godsdiens en onbesmet voor God en die Vader is dit: Om wees en weduwees in hulle verdrukking te besoek en Hom vlekkeloos van die wêreld te bewaar.
JAKOBUS 1:25-27 Die Boodskap (DB)
Iemand wat so ernstig in God se wil belangstel en dit wat hy daar hoor ook gaan doen, het die ware geluk en sin van die lewe ontdek. Kom ons dink aan ’n voorbeeld. Iemand wat meen hy is ’n godsdienstige mens, maar wat lelik praat, baklei en skinder soos hy wil, slaan die bal baie ver mis. Hy is allesbehalwe ’n godsdienstige mens. Al die ander dinge wat hy doen om godsdienstig te probeer wees, is verniet. Laat ek vir julle sê watse soort godsdiens God ons Vader as eg en eerlik sien: as jy bereid is om dié mense te help wat nie vir hulleself kan sorg nie, maar in die nood is, is jy besig met die regte godsdiens. Maar dan moet jy ook sorg dat jou eie lewe skoon bly van al die verkeerde dinge wat ’n mens in hierdie wêreld kan doen.
JAKOBUS 1:25-27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
As jy jou egter verdiep in God se volmaakte wet – dié wet wat ’n mens vrymaak – en jy dóén wat die wet sê en jy vergeet nie wat jy gehoor het nie, dan kan jy God se seën verwag op wat jy doen. As jy dink jy is godsdienstig, maar jy hou nie jou tong in toom nie, bedrieg jy jouself. Jou godsdiens is niks werd nie. Suiwer en onbevlekte godsdiens voor God ons Vader is dat ons weeskinders en weduwees in hulle swaarkry versorg, en dat ons nie toelaat dat die wêreld ons besmet nie.