JAKOBUS 1:22-23
JAKOBUS 1:22-23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar wees daders van die woord en nie alleen hoorders nie, deur julleself te mislei. Want as iemand 'n hoorder van die woord is en nie 'n dader nie, is hy soos 'n man wat sy natuurlike gesig in 'n glas aanskou.
JAKOBUS 1:22-23 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet doen wat God vir julle sê. As julle luister na sy boodskap, maar julle doen nie wat Hy sê nie, dan bedrieg julle julleself. Want wanneer iemand luister na God se boodskap en hy doen nie wat God sê nie, dan is hy soos 'n mens wat in 'n spieël na sy eie gesig kyk.
JAKOBUS 1:22-23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie. Want as iemand 'n hoorder van die woord is en nie 'n dader nie, dié is soos 'n man wat sy natuurlike gesig in 'n spieël sien
JAKOBUS 1:22-23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself. Iemand wat altyd net die woord aanhoor en nooit doen wat dit sê nie, is soos een wat na sy gesig in 'n spieël kyk
JAKOBUS 1:22-23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wees doeners van die woord, en nie slegs hoorders wat julleself mislei nie. Want wie 'n hoorder van die woord is en nie 'n doener nie, is soos iemand wat sy eie gesig in 'n spieël sien.
JAKOBUS 1:22-23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar wees daders van die woord en nie alleen hoorders nie, deur julleself te mislei. Want as iemand 'n hoorder van die woord is en nie 'n dader nie, is hy soos 'n man wat sy natuurlike gesig in 'n glas aanskou.
JAKOBUS 1:22-23 Die Boodskap (DB)
Doen wat God vir jou sê. Daar wag ’n groot verrassing op jou as jy maar net daarna sit en luister en niks daaraan doen nie. Jy dink dalk jy is mooi godsdienstig, maar eintlik is jy besig om jouself lelik te kul. Iemand wat net na God se woord luister sonder om te doen wat dit vra, is soos ’n man wat na homself in ’n spieël kyk. Hy sien daar hoe deurmekaar sy hare is. Hy draai dan om en stap weg sonder om sy hare te kam, omdat hy dadelik vergeet hoe deurmekaar sy hare is.
JAKOBUS 1:22-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Julle moet mense word wat dóén wat die woord sê. Moet dit nie net aanhoor nie; dan bedrieg julle julleself. Julle sal saamstem: As jy altyd net die woord aanhoor en nooit doen wat dit sê nie, is dit so goed of jy kyk na jou gesig in die spieël sonder om iets aan jou voorkoms te doen.