JAKOBUS 1:19
JAKOBUS 1:19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarom, my geliefde broeders, laat elke mens gou wees om te hoor, stadig om te praat, stadig om toornig te word.
JAKOBUS 1:19 Bybel vir almal (ABA)
My vriende, ek is baie lief vir julle. Julle moet onthou: Elke mens moet altyd gereed wees om te luister na God se boodskap, maar hy moenie haastig wees om te praat nie, hy moet eers dink voordat hy praat. Hy moet ook nie haastig wees om kwaad te word nie.
JAKOBUS 1:19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
SO dan, my geliefde broeders, elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat, stadig om toornig te word.
JAKOBUS 1:19 Afrikaans 1983 (AFR83)
My liewe broers, dít moet julle in gedagte hou: elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie.
JAKOBUS 1:19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Let op, my geliefde broers, elke mens moet flink wees om te luister, stadig om te praat, stadig om kwaad te word.
JAKOBUS 1:19 Die Boodskap (DB)
Liewe mede-Christene, plak hierdie woorde op waar julle dit elke dag kan sien: julle moet ander mense ’n kans gee om te sê wat hulle op die hart het. Luister rustig na hulle sonder om hulle te wil doodpraat. Wanneer dit jou kans is, gee jou mening.