JAKOBUS 1:17
JAKOBUS 1:17 Bybel vir almal (ABA)
Elke goeie ding wat julle kry, elke present wat goed en reg is, kom van bo af, dit kom van die Vader wat die sterre in die lug gemaak het. Die Vader verander nie, Hy is soos 'n lig wat altyd skyn.
JAKOBUS 1:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Elke goeie geskenk en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie.
JAKOBUS 1:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie.
JAKOBUS 1:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Elke goeie geskenk en elke volmaakte gawe kom van bo af, van die Vader van die hemelligte, by wie daar geen afwyking of skadu van verandering is nie.
JAKOBUS 1:17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Elke goeie gawe en elke volmaakte gawe is van bo en daal af van die Vader van die ligte, by wie daar geen veranderlikheid of skaduwee van omkering is nie.
JAKOBUS 1:17 Die Boodskap (DB)
Dit is ook Hy wat goeie dinge met julle laat gebeur. As sulke mooi dinge met julle gebeur waaroor julle maar net kon droom, moet julle weet: dit kom van God af.