JESAJA 9:2-7
JESAJA 9:2-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
U sal Israel weer grootmaak, en sy mense sal bly wees soos mense bly is tydens die oestyd, soos soldate bly is oor die buit. Want God sal die kettings wat sy volk vasbind en die sweep waarmee hulle geslaan is, stukkend breek. Hy sal maak net soos op die dag toe Hy Midian verslaan het. In daardie dag van vrede sal elke skoen wat in die oorlog gebruik is en elke uniform wat met bloed bevlek is, in die vuur verbrand word. Want ’n Kind is vir ons gebore, ’n Seun is aan ons gegee. Hy sal die heerser wees met die koninklike titels: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors. Sy heerskappy en vrede sal voortdurend uitbrei en nooit ophou nie. Vanaf die troon waarop sy voorouer Dawid gesit het, sal Hy vir altyd regverdig en reg regeer. Die toewyding van die HERE, die Almagtige, sal dit waarborg. HERE Die Here het teen Jakob gepraat. Hy het Israel aangespreek
JESAJA 9:2-7 Bybel vir almal (ABA)
Here, U het die mense baie meer laat word en U het hulle baie bly gemaak. Hulle is voor U so bly soos in die tyd wanneer hulle die koring afsny. Hulle juig soos wanneer hulle gewen het in 'n oorlog en wanneer hulle die vyande se goed vir hulleself vat. Ja, hulle was die vyande se slawe, hulle moes jukke dra, en die vyande het hulle met kieries geslaan. Maar U breek die jukke en die kieries soos daardie dag toe Gideon die Midianiete oorwin het. Ja, hulle vat die skoene wat op hulle getrap het en hulle vat die klere van die soldate wat party van hulle mense vermoor het, en hulle verbrand die skoene en die klere. Ja, 'n kind is vir ons gebore, die Here het vir ons 'n seun gegee, en die kind sal koning word. Hulle sal hom noem: Die man wat wonderlike planne kan maak, Die man wat oorlog kan maak soos God, Die man wat altyd vader is, Die koning van vrede. Hy sal 'n belangrike koning wees, en daar sal altyd vrede wees. Hy sal koning wees soos sy voorvader Dawid, hy sal regverdig wees en hy sal altyd reg doen aan almal. Die Here wat oor alles regeer, sal dit laat gebeur, want Hy sal ons nie los nie. Die Here het 'n boodskap gestuur vir die Israeliete, die nageslag van Jakob het dit gehoor.
JESAJA 9:2-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
U het die nasie vermenigvuldig, hulle vreugde groot gemaak; hulle is vrolik voor u aangesig soos iemand vrolik is in die oestyd, soos iemand juig as die buit verdeel word. Want die juk wat op hulle gedruk het, en die stok wat hulle rug getref het, die roede van hulle drywer, het U verbreek soos op die dag van Mídian. Want elke soldateskoen wat daar wegstap met gedreun, en die kleed wat in bloed gerol is, dien tot verbranding, 'n prooi van die vuur. Want 'n Kind is vir ons gebore, 'n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors — tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid. Die ywer van die HERE van die leërskare sal dit doen. HERE DIE HERE stuur 'n woord in Jakob, en dit val in Israel
JESAJA 9:2-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
U het dié wat nie meer 'n nasie was nie, baie gemaak, hulle blydskap groot gemaak. Hulle het hulle in u teenwoordigheid verbly soos mense bly is in die oestyd, soos hulle juig wanneer hulle die buit verdeel. Soos die dag toe Midian verslaan is, het U die juk verbreek wat op die volk gedruk het, die stok waarmee hulle geslaan is, waarmee hulle gedryf is. Elke soldateskoen wat in die oorlog gebruik is, en elke uniform wat met bloed bevlek is, sal verbrand word, deur die vuur verteer word. Vir ons is 'n Seun gebore, aan ons is 'n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors. Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring. Hy sal op die troon van Dawid sit en oor sy koninkryk regeer. Hy sal dié koninkryk vestig en in stand hou deur reg en geregtigheid, van nou af en vir altyd. Daarvoor sal die onverdeelde trou van die Here die Almagtige sorg. Die Here het 'n boodskap gestuur vir Jakob, vir Israel; Hy het hulle aangespreek
JESAJA 9:2-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
U het die nasie vermeerder, U het hulle vreugde groot gemaak. Hulle ervaar vreugde voor U, soos die vreugde in die oestyd, soos dié wat juig wanneer hulle buit verdeel. Want die las van hulle juk en die hout oor hulle skouers, die stok van hulle slawedrywer, het U verpletter soos op die dag van Midian. Ja, elke stewel wat stamp met 'n gedreun, en elke kledingstuk wat in bloed gerol is, is bestem vir verbranding, is kos vir die vuur. Want 'n kind is vir ons gebore, 'n seun is aan ons gegee. Die heerskappy is op sy skouer. Hy word genoem: Wonderbare Raadgewer, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors. Vir die uitbreiding van heerskappy en vir vrede sonder einde, sal hy op die troon van Dawid en oor sy koninkryk wees, om dit te vestig en te ondersteun deur reg en geregtigheid, van nou af en vir altyd. Die ywer van die HERE, Heerser oor alle magte, sal dit doen. My Heer het 'n woord gestuur teen Jakob, en dit het in Israel geval.
JESAJA 9:2-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die volk wat in die duisternis gewandel het, het 'n groot lig gesien: die wat in die land van doodskaduwee woon, oor hulle het die lig geskyn. U het die nasie vermenigvuldig en die vreugde nie vermeerder nie; Want U het die juk van sy las verbreek en die staf van sy skouer, die staf van sy verdrukker, soos op die dag van Mídian. Want elke geveg van die vegter is met 'n verwarde geraas, en klere wat in bloed gerol is; maar dit sal wees met brand en brandstof van vuur. Want vir ons is 'n kind gebore, aan ons is 'n seun gegee, en die heerskappy sal op sy skouer wees, en sy naam sal genoem word Wonderbaar, Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors. Aan die vermeerdering van sy heerskappy en vrede sal daar geen einde wees nie, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te orden en dit te bevestig met reg en met geregtigheid van nou af tot in ewigheid. Die ywer van die HERE van die leërskare sal dit doen.
JESAJA 9:2-7 Die Boodskap (DB)
Israel sal weer groot wees en sy mense sal lag en jubel soos in die oestyd. Hulle skree uitbundig van vreugde soos die soldate wanneer hulle die oorlogsbuit verdeel. Want God sal die kettings waarmee sy volk vasgebind word en die swepe waarmee hulle geslaan word, stukkend breek, net soos Hy Midian se mag lank terug gebreek het. Die skoene van die soldate wat die land binnegeval het en hulle bloedbevlekte uniforms sal met vuur verbrand word. Daar is vir ons ’n Kind gebore! Dit is ’n Seun wat aan ons gegee is! Hy sal oor ons regeer en sy koninklike titels sal wees: Spesiale Raadsman, God wat sterk is, Ewige Vader, Koning van Vrede. Sy koninkryk en mag sal aanhou uitbrei en Hy sal vir altyd vrede bring. Hy sal vir altyd op Dawid se troon sit en sy koninkryk met regverdigheid en billikheid regeer. Daarvoor sal die absolute goedheid van die Here die Almagtige sorg. Die Here het vir Israel ’n waarskuwingsboodskap gestuur. Die dinge waaroor Hy hulle gewaarsku het, gaan hierdie nageslag van Jakob beslis tref.