JESAJA 9:1
JESAJA 9:1 Bybel vir almal (ABA)
Die volk wat in die donker gelewe het, sien 'n groot lig. 'n Lig skyn oor die mense wat gewoon het in 'n land waar dit baie donker is.
JESAJA 9:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
DIE volk wat in duisternis wandel, het 'n groot lig gesien; die wat woon in die land van die doodskaduwee, oor hulle het 'n lig geskyn.
JESAJA 9:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die volk wat in donkerte geleef het, het 'n groot lig gesien, oor dié wat in die donker land was, het 'n lig geskyn.
JESAJA 9:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die volk wat in duisternis ronddwaal, het 'n groot lig gesien; hulle wat in 'n stikdonker land woon – oor hulle het 'n lig geskyn.
JESAJA 9:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Nogtans sal die donkerheid nie so wees soos in haar ergernis nie, toe hy eers die land Sébulon en die land Naftali ligtelik geteister het en haar daarna ernstiger geteister het op die pad van die see, anderkant die Jordaan, in Galilea van die nasies.