JESAJA 7:14-16
JESAJA 7:14-16 Die Boodskap (DB)
In elk geval, die Here sal self vir jou ’n teken gee: ’n jong vrou sal swanger word en ’n seun in die wêreld bring en sy sal hom Immanuel noem. Hy sal net dikmelk en heuning hê om te eet totdat hy oud genoeg is om tussen reg en verkeerd te onderskei. Maar nog voordat hy daardie ouderdom bereik, sal die lande van die twee konings vir wie jy nou so bang is, reeds in puin lê.
JESAJA 7:14-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Nou goed dan, die Here sal dan self ’n teken kies. Die jong vrou sal verwagtend raak. Sy sal geboorte skenk aan ’n seun en hom Immanuel noem. Teen die tyd dat die seun oud genoeg is om dikmelk en heuning te eet, sal hy genoeg weet om te kies wat reg is en te verwerp wat verkeerd is. Maar voordat hy kan kies tussen reg en verkeerd, sal die twee konings vir wie jy so bang is, albei dood wees.
JESAJA 7:14-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarom sal die HERE self aan julle 'n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar en hom Immánuel noem. Dikmelk en heuning sal hy eet as hy weet om te verwerp wat kwaad is en om te kies wat goed is. Want voordat die seuntjie weet om te verwerp wat kwaad is en te kies wat goed is, sal die land vir wie se twee konings jy bang is, verlate wees.
JESAJA 7:14-16 Bybel vir almal (ABA)
Daarom sal die Here self vir julle 'n teken wys. Kyk, die jong vrou verwag 'n baba. Sy sal 'n seun kry en sy sal hom Immanuel noem. Die seun sal dikmelk en heuning eet en hy sal leer om nie slegte dinge te doen nie. Hy sal net doen wat goed is. “Voordat dit gebeur, sal daar nie meer mense wees in die lande van die twee konings vir wie jy bang is nie.
JESAJA 7:14-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarom sal die HERE self aan julle 'n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar en hom Immánuel noem. Dikmelk en heuning sal hy eet as hy weet om te verwerp wat kwaad is en om te kies wat goed is. Want voordat die seuntjie weet om te verwerp wat kwaad is en te kies wat goed is, sal die land vir wie se twee konings jy bang is, verlate wees.
JESAJA 7:14-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here sal daarom self vir julle 'n teken gee: 'n Jong vrou sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring en sy sal hom Immanuel noem. Hy sal net dikmelk en heuning hê om te eet totdat hy weet om te verwerp wat verkeerd is en te kies wat goed is. Maar voordat die seuntjie weet om die verkeerde te verwerp en die goeie te kies, sal die lande van die twee konings vir wie jy bang is, verwoes lê.
JESAJA 7:14-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarom sal my Heer self vir julle 'n teken gee: Kyk, die jong vrou is swanger, en gaan 'n seun in die wêreld bring. Sy sal hom Immanuel noem. Dikmelk en heuning sal hy eet, sodat hy kan weet om die kwaad te verwerp en die goeie te kies. Ja, nog voordat die kind sal weet om die kwaad te verwerp en die goeie te kies, sal die grondgebied van die twee konings oor wie jy verskrik is, verlate lê.
JESAJA 7:14-16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarom sal die HERE self vir julle 'n teken gee; Kyk, 'n maagd sal swanger word en 'n seun baar en hom Immanuel noem. Botter en heuning moet hy eet, sodat hy kan weet om die kwaad te verwerp en die goeie te kies. Want voordat die seuntjie weet om die kwaad te weier en die goeie te kies, sal die land wat jy 'n afsku het, van sy twee konings verlaat word.