JESAJA 60:1,3,19-20
JESAJA 60:1 Bybel vir almal (ABA)
Jerusalem, jy moet opstaan, jy moet jou lig laat skyn, want jou lig het gekom, die lig van die Here self sal op jou skyn.
Jesaja 60:3 Bybel vir almal (ABA)
Nou sal die volke en die konings lewe in jou lig, die lig van jou nuwe dag.
Jesaja 60:19-20 Bybel vir almal (ABA)
In die dag sal die son nie meer vir jou lig gee nie en die maan sal nie meer op jou skyn nie. Maar die Here sal altyd jou lig wees, jou God sal vir jou eer gee. Jou son sal nie ondergaan nie, jou maan sal nie kleiner word nie, want die Here sal altyd die lig wees vir jou. Die tyd is verby toe jy moes huil en treur.
JESAJA 60:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
STAAN op, word verlig; want jou lig kom, en die heerlikheid van die HERE gaan oor jou op.
JESAJA 60:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En nasies sal trek na jou lig, en konings na jou stralende opgang.
JESAJA 60:19-20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die son sal bedags jou lig nie meer wees nie, en as glans sal die maan vir jou geen skynsel gee nie; maar die HERE sal vir jou wees 'n ewige lig, en jou God sal jou sieraad wees. Jou son sal nie meer ondergaan nie, en jou maan nie kleiner word nie; want die HERE sal vir jou wees 'n ewige lig, en die dae van jou treurigheid is verby.
JESAJA 60:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Kom, Jerusalem, laat skyn jou lig! Vir jou het die lig gekom, die magtige teenwoordigheid van die Here het vir jou lig gebring.
JESAJA 60:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Nasies kom na jou lig toe en konings na die glans van die nuwe dag wat vir jou aangebreek het.
JESAJA 60:19-20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Bedags sal dit nie die son wees wat vir jou lig gee nie, snags sal dit nie die maan wees wat oor jou skyn nie: die Here sal vir jou 'n ewige lig wees, en jy sal roem in jou God. Jou son en jou maan is die Here, Hy gaan nie onder nie en word nie dof nie. Die Here sal vir jou 'n ewige lig wees, jou dae van smart is verby.
JESAJA 60:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Staan op, laat jou lig skyn! Ja, jou lig het gekom, en die heerlikheid van die HERE skyn oor jou.
Jesaja 60:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Nasies sal na jou lig trek, en konings na die helder lig van jou sonsopkoms.
Jesaja 60:19-20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Vir jou sal die son nie meer daar wees as 'n lig bedags nie, en die maan sal nie as 'n helder lig vir jou skyn nie. Die HERE sal as 'n ewige lig daar wees, en jou God as jou roem. Jou son sal nie weer ondergaan nie, en jou maan sal nie verdof nie; want die HERE sal vir jou 'n ewige lig wees, en jou routyd sal verby wees.
JESAJA 60:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Staan op, skyn; want jou lig het gekom, en die heerlikheid van die HERE gaan oor jou op.
Jesaja Jesaja 60:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die heidene sal na u lig kom en konings na die glans van u opstanding.
Jesaja Jesaja 60:19-20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die son sal bedags nie meer jou lig wees nie; ook om glans sal die maan jou nie verlig nie, maar die HERE sal vir jou 'n ewige lig wees en jou God jou heerlikheid. Jou son sal nie meer ondergaan nie; en jou maan sal nie onttrek nie, want die HERE sal jou ewige lig wees, en die dae van jou rou sal verby wees.
JESAJA 60:1 Die Boodskap (DB)
Staan op, Jerusalem, dat jy lig kan gee vir die wêreld. Die Here is by jou. Hy maak jou soos ’n lig wat skyn in die wêreld.
Jesaja 60:3 Die Boodskap (DB)
Die nasies kom na jou lig toe. Die konings van die wêreld kom na die helder lig wat by jou skyn.
Jesaja 60:19-20 Die Boodskap (DB)
Jou lig sal gedurende die dag nie meer van die son af kom nie. Jy sal nie meer afhanklik wees van die maan wat in die nag skyn nie. Die Here self sal vir altyd jou lig wees. Jou God sal oor jou skyn. Jou dae van hartseer is verby. Jou son sal nooit ondergaan nie. Jou maan sal nooit donker word nie. Die Here self sal vir altyd jou lig wees.
JESAJA 60:1 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Staan op, Jerusalem, laat jou lig skyn sodat alle volke dit kan sien! Want die HERE se heerlikheid skyn op jou.
JESAJA 60:3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Nasies sal stroom na jou lig, en konings na die glans van die nuwe dag wat vir jou aangebreek het.
JESAJA 60:19-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Bedags sal dit nie die son wees wat vir jou lig verskaf nie, en snags sal jy nie die maan nodig hê vir lig nie, want die HERE sal vir altyd jou lig wees, en jy sal roem in jou God. Jou son sal nooit weer ondergaan, of die maan afneem nie. Want die HERE sal jou lig wees vir altyd. Jou dae van hartseer het op ’n einde gekom.