JESAJA 60:1,3,15,20
JESAJA 60:1 Bybel vir almal (ABA)
Jerusalem, jy moet opstaan, jy moet jou lig laat skyn, want jou lig het gekom, die lig van die Here self sal op jou skyn.
Jesaja 60:3 Bybel vir almal (ABA)
Nou sal die volke en die konings lewe in jou lig, die lig van jou nuwe dag.
Jesaja 60:15 Bybel vir almal (ABA)
Daar het niemand in jou gewoon nie, niemand wou deur jou loop nie. Maar nou sal almal trots wees op jou, elke nuwe geslag sal bly wees oor jou.
Jesaja 60:20 Bybel vir almal (ABA)
Jou son sal nie ondergaan nie, jou maan sal nie kleiner word nie, want die Here sal altyd die lig wees vir jou. Die tyd is verby toe jy moes huil en treur.
JESAJA 60:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
STAAN op, word verlig; want jou lig kom, en die heerlikheid van die HERE gaan oor jou op.
JESAJA 60:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En nasies sal trek na jou lig, en konings na jou stralende opgang.
JESAJA 60:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
In plaas dat jy verlate en gehaat is sonder dat iemand daar deurtrek, sal Ek jou maak tot 'n ewige heerlikheid, 'n vreugde van geslag tot geslag.
JESAJA 60:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Jou son sal nie meer ondergaan nie, en jou maan nie kleiner word nie; want die HERE sal vir jou wees 'n ewige lig, en die dae van jou treurigheid is verby.
JESAJA 60:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Kom, Jerusalem, laat skyn jou lig! Vir jou het die lig gekom, die magtige teenwoordigheid van die Here het vir jou lig gebring.
JESAJA 60:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Nasies kom na jou lig toe en konings na die glans van die nuwe dag wat vir jou aangebreek het.
JESAJA 60:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jy sal nie meer verstoot en gehaat wees nie, 'n plek waar niemand kom nie, want Ek gee blywende roem aan jou, vreugde sonder einde.
JESAJA 60:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jou son en jou maan is die Here, Hy gaan nie onder nie en word nie dof nie. Die Here sal vir jou 'n ewige lig wees, jou dae van smart is verby.
JESAJA 60:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Staan op, laat jou lig skyn! Ja, jou lig het gekom, en die heerlikheid van die HERE skyn oor jou.
Jesaja 60:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Nasies sal na jou lig trek, en konings na die helder lig van jou sonsopkoms.
Jesaja 60:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
In plaas daarvan dat jy verlate en gehaat is, sonder enige verbygangers, sal Ek jou 'n voorwerp van ewige trots maak, 'n vreugde van geslag tot geslag.
Jesaja 60:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jou son sal nie weer ondergaan nie, en jou maan sal nie verdof nie; want die HERE sal vir jou 'n ewige lig wees, en jou routyd sal verby wees.
JESAJA 60:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Staan op, skyn; want jou lig het gekom, en die heerlikheid van die HERE gaan oor jou op.
Jesaja Jesaja 60:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die heidene sal na u lig kom en konings na die glans van u opstanding.
Jesaja Jesaja 60:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Terwyl jy verlaat en gehaat is, sodat niemand deur jou gegaan het nie, sal Ek jou maak tot 'n ewige heerlikheid, 'n vreugde van geslag tot geslag.
Jesaja Jesaja 60:20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Jou son sal nie meer ondergaan nie; en jou maan sal nie onttrek nie, want die HERE sal jou ewige lig wees, en die dae van jou rou sal verby wees.
JESAJA 60:1 Die Boodskap (DB)
Staan op, Jerusalem, dat jy lig kan gee vir die wêreld. Die Here is by jou. Hy maak jou soos ’n lig wat skyn in die wêreld.
Jesaja 60:3 Die Boodskap (DB)
Die nasies kom na jou lig toe. Die konings van die wêreld kom na die helder lig wat by jou skyn.
Jesaja 60:15 Die Boodskap (DB)
Jy was vroeër ’n eensame en verlate plek waarby niemand wou kom nie. Ek maak jou nou ’n pragtige plek wat een geslag mense na die ander graag wil besoek.
Jesaja 60:20 Die Boodskap (DB)
Jou dae van hartseer is verby. Jou son sal nooit ondergaan nie. Jou maan sal nooit donker word nie. Die Here self sal vir altyd jou lig wees.
JESAJA 60:1 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Staan op, Jerusalem, laat jou lig skyn sodat alle volke dit kan sien! Want die HERE se heerlikheid skyn op jou.
JESAJA 60:3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Nasies sal stroom na jou lig, en konings na die glans van die nuwe dag wat vir jou aangebreek het.
JESAJA 60:15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Waar jy voorheen verstoot is, gehaat en deur almal vermy, gee Ek jou nou blywende roem, en maak Ek jou ’n vreugde, geslag na geslag.