JESAJA 6:6-8
JESAJA 6:6-8 Bybel vir almal (ABA)
Een van die serafs het na my toe gevlieg. In sy hand was 'n warm vuur-kool, hy het dit met 'n tang gevat van die altaar. Hy het aan my mond geraak met die kool en hy het gesê: “Kyk, die kool het aan jou lippe geraak, nou is jou sonde weg, God het jou gereinig.” Toe hoor ek die Here praat. Hy het gevra
JESAJA 6:6-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar een van die serafs het na my toe gevlieg met 'n gloeiende kool in sy hand, wat hy met 'n tang van die altaar af geneem het, en my mond daarmee aangeraak en gesê: Kyk, dit het jou lippe aangeraak, en jou skuld is weg en jou sonde versoen. Daarop hoor ek die stem van die Here wat sê: Wie sal Ek stuur? En wie sal vir ons gaan? Toe antwoord ek: Hier is ek, stuur my.
JESAJA 6:6-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Een van die serafs het toe 'n gloeiende kool met 'n tang van die altaar af gevat en na my toe gevlieg. Hy het my mond aangeraak met die kool en gesê: “Noudat die gloeiende kool jou lippe aangeraak het, is jou oortredinge vergewe, jou sonde versoen.” Toe het ek die Here hoor vra
JESAJA 6:6-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Een van die serafs het na my toe gevlieg met 'n gloeiende kool by hom wat hy met 'n tang van die altaar af geneem het. Hy het my mond aangeraak en gesê: “Kyk, dit het jou lippe aangeraak, jou sondeskuld het gewyk, daar is vir jou sonde versoening gedoen.” Toe hoor ek die stem van my Heer wat sê: “Wie sal Ek stuur en wie sal vir ons gaan?” Ek sê toe: “Hier is ek, stuur my!”
JESAJA 6:6-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe het een van die serafs na my toe gevlieg met 'n gloeiende kool in sy hand wat hy met die tang van die altaar af geneem het. En hy het dit op my mond gelê en gesê: Kyk, dit het jou lippe aangeraak; en jou ongeregtigheid is weggeneem en jou sonde gereinig. Ek het ook die stem van die HERE gehoor wat sê: Wie sal Ek stuur, en wie sal vir ons gaan? Toe sê ek: Hier is ek; stuur my.
JESAJA 6:6-8 Die Boodskap (DB)
Een van die wesens het toe ’n gloeiende kool met ’n tang van die altaar af gevat en na my toe gevlieg. Hy raak toe met die kool aan my mond en sê: “Noudat die gloeiende kool jou lippe aangeraak het, is jou skuld weggeneem en jou sonde vergewe.” Toe het ek die Here hoor vra: “Wie sal Ek stuur? Wie sal ons boodskapper wees?” “Ek sal gaan,” het ek gesê, “U kan my stuur!”
JESAJA 6:6-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe het een van die serafs na die altaar toe gevlieg en ’n gloeiende kool met ’n tang opgetel. Hy het my lippe daarmee aangeraak en gesê: “Kyk, hierdie kool het jou lippe aangeraak. Nou is jou skuld weg en jou sondes vergewe.” Toe het ek die Here hoor vra: “Wie kan Ek met ’n boodskap na my volk toe stuur? Wie sal vir Ons gaan?” Ek het geantwoord: “HERE, ek sal gaan! Stuur my!”