JESAJA 58:10-12
JESAJA 58:10-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
as jy jou wy aan dié wat honger het, as jy voorsien in die behoeftes van dié wat in nood is, sal die lig vir jou skyn wanneer dit donker is, sal wat vir jou nag is, word soos die helder middag. Die Here sal jou altyddeur lei; selfs in dor streke sal Hy in jou behoeftes voorsien. Hy sal jou sterk maak. Jy sal wees soos 'n tuin met volop water, soos 'n fontein waarvan die water nie opdroog nie. Jou mense sal die ou puinhope herbou, die fondamente herstel wat al geslagte lank bestaan. Jy sal bekend staan as 'n volk wat sy afgebreekte mure herbou, wat sy strate herstel sodat daar weer mense kan woon.
JESAJA 58:10-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
as jy kos gee vir dié wat honger is en hulle help wat verdruk word, sal jou lig skyn in die donkerte en jou nag sal word soos helder dag. Die HERE sal jou altyd lei. Selfs in tye van droogte sal Hy voorsien in jou behoeftes. Hy sal jou gesond en sterk hou. Jy sal wees soos ’n tuin wat genoeg water kry, soos ’n fontein wat altyd aanhou vloei. Jou kinders sal die puinhope van jou stede herbou. Dan sal hulle jou noem: die een wat stukkende mure en stede opbou.
JESAJA 58:10-12 Bybel vir almal (ABA)
en as julle jammer is vir 'n mens wat honger is en swaarkry, en julle gee vir hom genoeg kos om te eet, dan sal julle lig hê in die donker. Julle nag sal soos die helder dag wees. Die Here sal julle altyd lei en Hy sal vir julle genoeg gee, ook op plekke waar daar nie plante groei nie. Hy sal julle sterk maak. Julle sal wees soos tuine waar daar baie water is, soos fonteine wat altyd water het. Julle sal die hope klippe vat wat baie lank hier lê, en julle sal weer vir julle huise bou, en mure vir die stad. Almal sal sê julle is die mense wat stukkende mure weer bou en wat paaie regmaak sodat julle in die land kan woon.”
JESAJA 58:10-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en jou siel laat uitgaan na die hongerige, en die neergeboë siel versadig; dan sal jou lig opgaan in die duisternis en jou donkerheid wees soos die middag. En die HERE sal jou gedurigdeur lei en jou siel versadig in dor plekke en jou gebeente sterk maak; en jy sal wees soos 'n tuin wat goed besproei is en soos 'n fontein van waters waarvan die water nooit teleurstel nie. En die wat uit jou voortkom, sal die ou puinhope bou; die fondamente van vorige geslagte sal jy oprig, en jy sal genoem word: Herbouer van gebreekte mure, hersteller van paaie, om bewoonbaar te maak.
JESAJA 58:10-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
as jy jou wy aan dié wat honger het, as jy voorsien in die behoeftes van dié wat in nood is, sal die lig vir jou skyn wanneer dit donker is, sal wat vir jou nag is, word soos die helder middag. Die Here sal jou altyddeur lei; selfs in dor streke sal Hy in jou behoeftes voorsien. Hy sal jou sterk maak. Jy sal wees soos 'n tuin met volop water, soos 'n fontein waarvan die water nie opdroog nie. Jou mense sal die ou puinhope herbou, die fondamente herstel wat al geslagte lank bestaan. Jy sal bekend staan as 'n volk wat sy afgebreekte mure herbou, wat sy strate herstel sodat daar weer mense kan woon.
JESAJA 58:10-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
as jy hulle wat honger is, jou empatie laat ervaar, die mens wat verdruk word, versadig laat word, sal jou lig in die duisternis skyn; jou donkerte sal soos helder dag wees. Die HERE sal jou voortdurend lei; in dor plekke sal Hy jou keel verkwik, jou gebeente sal Hy sterk maak. Jy sal soos 'n natgeleide tuin wees, soos 'n waterbron waarvan die water nie teleurstel nie. Sommige uit jou sal die oeroue puinhope herbou, die fondamente van geslagte gelede sal jy weer oprig. Jy sal genoem word: die een wat bresse toebou, die een wat paaie herstel, sodat mense daar kan woon.
JESAJA 58:10-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En as jy jou siel uittrek na die hongerige en die bedrukte siel versadig; dan sal jou lig in die duisternis opgaan en jou duisternis wees soos die middag. En die HERE sal jou gedurigdeur lei en jou siel versadig in droogte en jou gebeente vet maak; en jy sal wees soos 'n besproeide tuin en soos 'n fontein waarvan die water nie ophou nie. En die wat van jou sal wees, sal die ou puinhope bou; en jy sal genoem word: Die hersteller van die breuk, die hersteller van paaie om in te woon.
JESAJA 58:10-12 Die Boodskap (DB)
Gee kos vir hulle wat niks het om te eet nie. Versorg hulle wat behoeftig is. Dan sal dit vir jou word soos lig wat die donker laat verdwyn, soos die son wat in die middel van die dag skyn. Die Here sal dan die hele tyd saam met jou wees. Wanneer dit moeilik gaan, sal Hy vir jou gee wat jy nodig het. Hy sal jou krag gee. Jy sal wees soos ’n tuin wat goed natgemaak word. Daar sal nooit ’n tekort wees aan water in jou tuin nie. Jou nageslag sal die ou bouvalle weer opbou. Hulle sal op die fondamente bou wat al geslagte lank bestaan. Hulle sal julle die mense noem wat mure weer opbou, wat huise en strate weer regmaak om in te bly.