JESAJA 56:3-4
JESAJA 56:3-4 Bybel vir almal (ABA)
Daar is mense wat nie Israeliete is nie, en wat My kom dien. Hulle sê: ‘Die Here wil nie hê ons moet aan sy volk behoort nie.’ En daar is mans wat ontman is. Hulle sê: ‘Ek is soos 'n droë boom wat nie vrugte kan dra nie.’ Hulle moenie so dink nie, want die Here sê: ‘Die mense wat ontman is, moet aanhou om my Sabbatdag te vier en om te doen wat Ek wil hê. Hulle moet aanhou lewe soos Ek gesê het toe Ek met die Israeliete 'n verbond gemaak het.
JESAJA 56:3-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En laat die uitlander wat hom by die HERE aangesluit het, nie spreek en sê: Die HERE sal my gewis afskei van sy volk nie; en laat die ontmande nie sê: Kyk, ek is 'n droë boom nie. Want so sê die HERE aan die ontmandes wat my sabbatte hou en verkies wat My behaag en vashou aan my verbond
JESAJA 56:3-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Nie-Israeliet wat by die volk van die Here aangesluit het, moenie dink: die Here sal my van sy volk afsny nie. 'n Ontmande moenie van homself dink: ek is maar 'n droë boom nie. So sê die Here
JESAJA 56:3-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die nakomeling van 'n vreemde wat hom aan die HERE verbind het, mag nie sê, ‘Die HERE sal my beslis van sy volk afskei’ nie. 'n Eunug moet nie sê, ‘Kyk, ek is 'n droë boom’ nie. Want so sê Ek, die HERE, vir die eunugs, vir dié wat wel my Sabbatte onderhou, wat dit kies waarin Ek vreugde vind, en wat vashou aan my verbond
JESAJA 56:3-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En laat die seun van die vreemdeling wat hom by die HERE aangesluit het, nie spreek en sê: Die HERE het my heeltemal van sy volk afgesonder nie; en laat die hofdienaar nie sê: Kyk, ek is 'n droë boom nie. Want so sê die HERE aan die eunugs wat my sabbatte onderhou en kies wat My welgevallig is, en aan my verbond vashou
JESAJA 56:3-5 Die Boodskap (DB)
Iemand wat van ’n ander volk kom, moet nooit dink die Here is nie bereid om hom in sy volk op te neem nie. Iemand wat sy manlikheid verloor het, hoef nie te dink dat hy onaanvaarbaar is omdat hy nie kinders kan hê nie. Vir die ontmandes sê die Here: As hulle op die sewende dag maak soos Ek van hulle vra en by my ooreenkoms met hulle bly, sal Ek hulle ’n erenaam gee in my tempel. Dit sal ’n naam wees wat selfs beter is as kinders. Hulle sal ’n naam kry wat vir altyd onthou sal word.
JESAJA 56:3-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“’n Uitlander wat deel geword het van die volk van die HERE moenie dink: ‘Die HERE sal my sekerlik uitsluit van sy volk!’ nie. ’n Ontmande moenie dink: ‘Ek is maar ’n droë boom!’ nie.” Want so sê die HERE: “Aan die ontmandes wat my Sabbat onderhou en kies om te doen wat My behaag, en lewe volgens my verbond