JESAJA 55:6-7
JESAJA 55:6-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Soek die HERE terwyl Hy Hom laat vind, roep Hom aan terwyl Hy naby is. Die goddelose moet van sy pad afsien, en die boosdoener van sy planne. Hy moet na die HERE terugkeer, sodat Hy hom genadig kan wees, en na sy God, want Hy vergeef oorvloediglik.
JESAJA 55:6-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Vra na die HERE terwyl jy Hom nog kan vind. Roep Hom nou aan terwyl Hy nog naby is. Die goddelose mens moet sy verkeerde dinge los, en die bose mens sy slegte gedagtes. Hy moet terugdraai na die HERE en Hy sal hom genadig wees. Ja, draai na God, want Hy sal altyd vergewe!
JESAJA 55:6-7 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet vir die Here vra wat Hy wil hê, Hy wil dit vir julle sê. Julle moet tot Hom bid, Hy wil hoor wat julle sê. Die mense wat verkeerd doen, die mense wat slegte planne het, moet ophou. Hulle moet hulle planne los, en hulle moet terugkom na die Here, na ons God, want die Here is genadig, Hy vergewe altyd weer.
JESAJA 55:6-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Soek die HERE terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is. Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die HERE bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik.
JESAJA 55:6-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Vra na die wil van die Here terwyl Hy nog te vinde is, roep Hom aan terwyl Hy nog naby is. Die goddelose moet sy verkeerde pad laat staan, die slegte mens sy slegte planne. Hy moet hom tot die Here bekeer, dan sal Hy hom genadig wees; hy moet hom tot ons God bekeer, Hy vergewe altyd weer.
JESAJA 55:6-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Soek die HERE terwyl Hy nog te vinde is, roep Hom aan terwyl Hy naby is. Laat die goddelose sy weg verlaat en die onregverdige sy gedagtes; en laat hy hom tot die HERE bekeer, en Hy sal hom genadig wees; en aan onse God, want Hy sal menigvuldig vergewe.
JESAJA 55:6-7 Die Boodskap (DB)
Vra wat die Here van julle wil hê terwyl dit nog moontlik is. Bid tot die Here noudat Hy naby is. Die goddelose moet die verkeerde manier waarop hy lewe, laat staan. Die sondaar moet afsien van sy verkeerde gedagtes. Hy moet na die Here toe terugkom. Die Here sal hom graag terugontvang. Hy moet na ons God toe kom. Ons God sal hom alles vergewe.