JESAJA 55:5-6
JESAJA 55:5-6 Bybel vir almal (ABA)
En kyk, julle sal 'n volk roep wat julle nie ken nie, 'n volk wat julle nie ken nie, sal na julle toe hardloop. Want Ek is julle God die Here, die Heilige God van Israel, en Ek gee weer eer vir julle.” Julle moet vir die Here vra wat Hy wil hê, Hy wil dit vir julle sê. Julle moet tot Hom bid, Hy wil hoor wat julle sê.
JESAJA 55:5-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Kyk, nasies wat jy nie geken het nie, sal jy roep; en nasies wat jou nie geken het nie, sal na jou hardloop, ter wille van die HERE jou God en van die Heilige van Israel, omdat Hy jou verheerlik het. Soek die HERE terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is.
JESAJA 55:5-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Nou sal jy nasies ontbied wat jy nie geken het nie, en nasies wat jou nie geken het nie, sal na jou toe hardloop ter wille van die Here jou God, die Heilige van Israel, omdat Hy jou in eer herstel het. Vra na die wil van die Here terwyl Hy nog te vinde is, roep Hom aan terwyl Hy nog naby is.
JESAJA 55:5-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Kyk, jy sal 'n nasie roep wat jy nie ken nie; en 'n nasie wat jou nie ken nie, sal na jou toe hardloop, ter wille van die HERE, jou God, ter wille van die Heilige van Israel, omdat Hy jou verheerlik het.” Soek die HERE terwyl Hy Hom laat vind, roep Hom aan terwyl Hy naby is.
JESAJA 55:5-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Kyk, jy sal 'n nasie roep wat jy nie ken nie, en nasies wat jou nie geken het nie, sal na jou toe hardloop ter wille van die HERE jou God en vir die Heilige van Israel; want Hy het U verheerlik. Soek die HERE terwyl Hy nog te vinde is, roep Hom aan terwyl Hy naby is.
JESAJA 55:5-6 Die Boodskap (DB)
Julle sal ook nasies beveel om na julle toe te kom, al het julle hulle nie voorheen geken nie. Nasies wat vroeër nie eers van julle geweet het nie, sal na julle toe aangehardloop kom. Hulle sal dit doen ter wille van die Here julle God. Hulle sal kom ter wille van die hoë God van Israel wat aan julle eer bewys het. Vra wat die Here van julle wil hê terwyl dit nog moontlik is. Bid tot die Here noudat Hy naby is.
JESAJA 55:5-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jy sal oor nasies regeer wat jy nie geken het nie. Nasies wat jou nie ken nie sal na jou toe hardloop ter wille van die Here jou God, die Heilige van Israel, wat jou vereer.” Vra na die HERE terwyl jy Hom nog kan vind. Roep Hom nou aan terwyl Hy nog naby is.