JESAJA 54:6
JESAJA 54:6 Die Boodskap (DB)
Jy is soos ’n vrou wat weggejaag is en wat seergekry het, soos ’n jong vrou wat op die straat uitgegooi is. Maar die Here roep jou terug en Hy sê vir jou
JESAJA 54:6 Bybel vir almal (ABA)
Jerusalem, jou God sê: “Jy was soos 'n vrou, haar man wou haar nie meer hê nie. Toe Ek jou geroep het, was jy soos 'n vrou met wie 'n man getrou het toe hy nog jonk was, maar later het hy haar weggejaag. Jy was baie hartseer.
JESAJA 54:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want soos 'n verlate vrou en 'n bedroefde van gees het die HERE jou geroep, en soos 'n vrou uit die jeugtyd as sy versmaad was, sê jou God.
JESAJA 54:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jy is 'n verstote en bitter bedroefde vrou, maar die Here roep jou terug, want hoe kan 'n man sy eie vrou vergeet? sê jou God.
JESAJA 54:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ja, as 'n verstote, sielsongelukkige vrou, het die HERE jou geroep. “Die vrou van 'n mens se jeug, sal sy verwerp word?” vra jou God.