JESAJA 54:4-5
JESAJA 54:4-5 Bybel vir almal (ABA)
Jy moenie bang wees nie, jy moenie dink jy beteken niks nie. Jy moenie skaam wees nie, want niemand sal jou weer verneder nie. Jy sal die tyd vergeet toe jy 'n jongmeisie was en toe jy 'n weduwee was, toe ander mense jou gespot het. Want die Een wat jou gemaak het, is jou Man, sy Naam is Here wat oor alles regeer. Jou Bevryder is die Heilige God van Israel, sy Naam is God van die hele aarde.”
JESAJA 54:4-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wees nie bevrees nie, want jy sal nie beskaamd staan nie; en vrees geen skande nie, want jy sal nie nodig hê om te bloos nie; maar jy sal die skande van jou jonkheid vergeet en aan die smaad van jou weduweeskap nie meer dink nie. Want jou Maker is jou Man; HERE van die leërskare is sy Naam; en die Heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal die God van die hele aarde genoem word.
JESAJA 54:4-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Moenie bang wees nie, jy sal nie weer in die skande kom nie, moenie so verleë daar staan nie, jy sal nie weer verneder word nie. Jy sal die skande uit jou jong dae vergeet en nie meer dink hoe jy verneder is toe jy 'n weduwee was nie. Hy wat jou gemaak het, is jou man, sy Naam is die Here die Almagtige. Die Heilige van Israel is jou Verlosser; Hy word die God van die hele wêreld genoem.
JESAJA 54:4-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Moenie bang wees nie, want jy sal nie beskaamd staan nie; moenie verneder voel nie, want jy sal nie verleë wees nie. Ja, die skande van jou jeug sal jy vergeet, en aan die gespot oor jou weduweeskap sal jy nie weer dink nie. Want Hy wat met jou trou, is jou Maker; die HERE, Heerser oor alle magte is sy Naam. Hy wat jou loskoop, is die Heilige van Israel. God van die hele wêreld word Hy genoem.
JESAJA 54:4-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Moenie vrees nie; want jy sal nie beskaamd staan nie, en staan nie beskaamd nie; want jy sal die skande van jou jeug vergeet en aan die smaad van jou weduweeskap nie meer dink nie. Want jou Maker is jou man; HERE van die leërskare is sy Naam; en jou Verlosser, die Heilige van Israel; Die God van die hele aarde sal Hy genoem word.
JESAJA 54:4-5 Die Boodskap (DB)
Moenie bang wees dat jy weer in die skande sal kom nie. Moenie huiwer omdat jy dink jy sal weer verneder word nie. Jy hoef nie weer terug te dink aan hoe jy in die skande gekom het toe jy jonk was nie. Jy kan nou maar vergeet hoe jy verneder is toe jy ’n weduwee geword het. Die Here wat jou gemaak het, sal nou jou man wees. Sy Naam is die Here van die magtige leërmag. Die hoë God van Israel sal jou bevry. Hy word genoem die God van die hele aarde.
JESAJA 54:4-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Moenie bang wees nie. Jy sal nie weer verneder word nie. Moenie bang wees vir die skande van voorheen nie. Jy sal die skande van jou jeug vergeet en ook die vernedering toe jy ’n weduwee was. “Jou Skepper sal ook jou man wees. Die HERE, die Almagtige, is sy Naam. Die Heilige van Israel is jou Redder. Hy is die God van die hele wêreld!