JESAJA 53:8
JESAJA 53:8 Bybel vir almal (ABA)
Hy was 'n gevangene, hulle het gesê hy is skuldig. Was iemand bekommerd oor hoe dit met hom sal gaan? Nee, niemand nie. Hulle het hom afgesny van die mense wat lewe, hulle het hom laat swaarkry omdat sy volk opstandig was.
JESAJA 53:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Uit die druk en uit die strafgerig is Hy weggeneem; en onder sy tydgenote — wie het daaroor gedink dat Hy afgesny is uit die land van die lewendes? Ter wille van die oortreding van my volk was die plaag op Hom.
JESAJA 53:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Terwyl hy gely het en gestraf is, is hy weggeneem, en wie van sy mense het dit ter harte geneem dat hy afgesny is uit die land van die lewendes? Hy is gestraf oor die sonde van my volk.
JESAJA 53:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ná onderdrukking en 'n vonnis is hy weggeneem; en sy lot, wie dink daaroor na? Ja, hy is afgesny van die land van die lewendes; vanweë die oortreding van sy volk het die slae hom getref.
JESAJA 53:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy is weggeneem uit die gevangenis en uit die oordeel; en wie sal sy geslag aankondig? want hy is uitgeroei uit die land van die lewendes; oor die oortreding van my volk is hy getref.