JESAJA 53:4-6
JESAJA 53:4-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Nogtans, ons siektes, hy het dit gedra, en ons smarte, hy het dit op hom gelaai. Maar ons het hom beskou as iemand wat gekasty word, geslaan deur God, en verneder. Hy is egter deurboor oor ons oortredings, verbrysel oor ons sondeskuld. Die straf wat ons vrede bewerk, was op hom, en deur sy wonde is daar vir ons genesing. Ons almal het soos kleinvee gedwaal, elkeen van ons het sy eie koers ingeslaan; maar die HERE het ons almal se sondeskuld op hom laat neerkom.
JESAJA 53:4-6 Die Boodskap (DB)
Hy het al die siektes gehad wat ons eintlik moes gehad het. Hy het die pyn ervaar wat ons eintlik moes ervaar het. Maar ons het gedink dit is God wat hom vir sy eie oortreding straf. Hy is gewond as gevolg van ons opstand teen God. Hy is doodgemaak omdat ons sonde gedoen het. Hy moes die prys betaal wat ons lewe kon herstel. Hy is stukkend geslaan sodat ons weer gesond kon word. Ons almal was soos skape wat verdwaal het. Elkeen het sy eie koers gekies. Maar die Here het al ons sonde op hom laat neerkom.
JESAJA 53:4-6 Bybel vir almal (ABA)
Maar hy was siek sodat ons gesond kan wees, hy het swaargekry sodat ons nie sal swaarkry nie. En ons het gedink dit is God wat hom straf en wat hom slaan en verneder. Ja, dit is óns wat opstandig was, maar hulle het hóm met 'n spies gesteek. Dit is óns wat verkeerd gedoen het, maar hulle het hóm stukkend geslaan. Hy het die straf gekry sodat dit goed kan gaan met óns, hy het seergekry sodat óns gesond kan wees. Ons almal het soos skape en bokke rondgeloop, elkeen het geloop waar hy wou loop. Ons almal het verkeerd gedoen, maar die Here het daardie man gestraf.
JESAJA 53:4-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Nogtans het Hý óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte — dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was. Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom. Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom.
JESAJA 53:4-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Tog het hy óns lyding op hom geneem, óns siektes het hy gedra. Maar ons het hom beskou as een wat gestraf word, wat deur God geslaan en gepynig word. Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom. Ons het almal gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop, maar die Here het ons almal se sonde op hom laat afkom.
JESAJA 53:4-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Nogtans, ons siektes, hy het dit gedra, en ons smarte, hy het dit op hom gelaai. Maar ons het hom beskou as iemand wat gekasty word, geslaan deur God, en verneder. Hy is egter deurboor oor ons oortredings, verbrysel oor ons sondeskuld. Die straf wat ons vrede bewerk, was op hom, en deur sy wonde is daar vir ons genesing. Ons almal het soos kleinvee gedwaal, elkeen van ons het sy eie koers ingeslaan; maar die HERE het ons almal se sondeskuld op hom laat neerkom.
JESAJA 53:4-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Waarlik, Hy het óns smarte gedra en óns smarte gedra, maar ons het Hom geag as geslaan, deur God geslaan en verdruk. Maar hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is hy verbrysel; die tugtiging van ons vrede was op hom; en deur sy wonde het ons genees. Al ons soos skape het gedwaal; ons het elkeen sy eie pad gedraai; en die HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom.
JESAJA 53:4-6 Die Boodskap (DB)
Hy het al die siektes gehad wat ons eintlik moes gehad het. Hy het die pyn ervaar wat ons eintlik moes ervaar het. Maar ons het gedink dit is God wat hom vir sy eie oortreding straf. Hy is gewond as gevolg van ons opstand teen God. Hy is doodgemaak omdat ons sonde gedoen het. Hy moes die prys betaal wat ons lewe kon herstel. Hy is stukkend geslaan sodat ons weer gesond kon word. Ons almal was soos skape wat verdwaal het. Elkeen het sy eie koers gekies. Maar die Here het al ons sonde op hom laat neerkom.
JESAJA 53:4-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Tog was dit ons swakhede wat hy gedra het. Hy het ons pyn verduur. Ons het aan hom gedink as dat God hom slaan, kasty en teister. Hy is geslaan en gepynig ter wille van ons sondes. Hy is gestraf sodat ons in vrede kan leef. Hy is geslaan sodat ons gesond kan word. Almal van ons het weggedwaal soos ’n klomp skape. Ons het ons eie pad gevolg. En toe het die HERE ons almal se skuld en sondes op hom laat neerkom.