JESAJA 53:2
JESAJA 53:2 Bybel vir almal (ABA)
Hierdie man was soos 'n plantjie wat begin groei het, soos 'n wortel wat in droë grond begin groei. Hy was soos 'n plantjie wat ons nie raaksien nie, 'n plantjie wat nie mooi is nie.
JESAJA 53:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy tog het soos 'n loot voor sy aangesig opgespruit en soos 'n wortel uit droë grond. Hy het geen gestalte of heerlikheid gehad, dat ons Hom sou aansien nie, en geen voorkoms, dat ons Hom sou begeer nie.
JESAJA 53:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die dienaar was soos 'n loot wat voor die Here uitspruit, soos 'n plant wat wortel skiet in droë grond. Hy het nie skoonheid of prag gehad dat ons na hom sou kyk nie, nie die voorkoms dat ons van hom sou hou nie.
JESAJA 53:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het soos 'n jong loot voor Hom opgegroei, soos 'n wortelstok uit droë grond. Hy het nie 'n gestalte gehad, geen glans, dat ons na hom sou kyk nie, nie 'n goeie voorkoms, dat ons hom sou begeer nie.
JESAJA 53:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want hy sal voor sy aangesig opgroei soos 'n sagte plant en soos 'n wortel uit 'n droë grond; en wanneer ons Hom sal sien, is daar geen skoonheid dat ons Hom sou begeer nie.