JESAJA 53:10
JESAJA 53:10 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het besluit dat die dienaar moet seerkry en siek word. Die Here het gesê hy is 'n skuld-offer. Daarom sal hy lank lewe en 'n nageslag hê. Die Here sal sy dienaar gebruik om te doen wat die Here wil doen.”
JESAJA 53:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar dit het die HERE behaag om Hom te verbrysel; Hy het Hom krank gemaak; as sy siel 'n skuldoffer aangebied het, sal Hy 'n nakroos sien; Hy sal die dae verleng, en die welbehae van die HERE sal deur sy hand voorspoedig wees.
JESAJA 53:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit was die wil van die Here om hom te verbrysel, om hom die pyn te laat ly. As hy sy lewe as skuldoffer gee, sal hy 'n nageslag hê en nog lank lewe, deur hom sal die wil van die Here sy doel bereik.
JESAJA 53:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar die HERE het verkies om hom te verbrysel; Hy het hom siek gemaak. As sy lewe dien as 'n skuldoffer, sal hy 'n nageslag sien en lank leef. Wat die HERE wil hê, sal deur sy hand suksesvol wees.
JESAJA 53:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar dit het die HERE behaag om hom te verbrysel; hy het hom bedroef; as jy sy siel 'n sondeoffer bring, sal hy sy nageslag sien, hy sal sy dae verleng, en die welbehae van die HERE sal voorspoedig wees in sy hand.