JESAJA 52:6-7
JESAJA 52:6-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarom sal my volk my Naam ken. Daarom, op daardie dag, sal hulle weet dat Ek die Een is wat sê, ‘Hier is Ek!’ ” Hoe lieflik op die berge is die voete van 'n boodskapper van vreugde, een wat vrede verkondig, wat 'n goeie boodskap bring, wat verlossing verkondig, wat vir Sion sê: “Jou God heers as koning!”
JESAJA 52:6-7 Bybel vir almal (ABA)
Daarom sal my volk weet wie Ek is, daarom sal hulle daardie dag weet dit is Ek wat sê: Hier is Ek.” Daar kom 'n boodskapper oor die berge. Dit is mooi om te sien hoe hy hardloop. Hy kom sê daar sal vrede wees. Hy bring goeie nuus, hy kom sê die Here sal sy volk red. Hy kom sê vir Sion: “Jou God is Koning.”
JESAJA 52:6-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarom sal my volk my Naam leer ken; daarom sal hulle weet op dié dag dat dit Ek is wat spreek: Hier is Ek! HOE lieflik is op die berge die voete van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede laat hoor, wat goeie tyding bring, wat verlossing uitroep; wat aan Sion sê: Jou God is Koning!
JESAJA 52:6-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daardie dag sal my volk my Naam bely: dat Ek die Here is, dat dit Ek is wat sê: Hier is Ek! Hoe wonderlik klink op die berge die voetstappe van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede aankondig, wat die goeie tyding bring, wat redding aankondig, wat vir Sion sê: “Jou God is Koning!”
JESAJA 52:6-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarom sal my volk my Naam ken; daarom sal hulle in dié dag weet dat dit Ek is wat spreek; kyk, dit is Ek. Hoe lieflik is op die berge die voete van hom wat goeie boodskap bring, wat vrede verkondig; wat goeie tyding bring, wat verlossing verkondig; wat vir Sion sê: Jou God is Koning!
JESAJA 52:6-7 Die Boodskap (DB)
Ek sal my volk leer om my Naam te herken. As Ek die dag met hulle praat, sal hulle dadelik weet dit is die Here wat met hulle praat. Dit sal wonderlik wees wanneer iemand van die berge af die goeie nuus uitroep. Hy sal die wonderlike nuus bring van vrede en van bevryding. Hy sal vir Sion sê: “Jou God regeer!”
JESAJA 52:6-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Daarom sal my volk my Naam ken. En daarom sal hulle weet wanneer die dag kom, dat dit Ek is wat sê: ‘Hier is Ek!’” Hoe mooi klink die voetstappe op die berge van hulle wat goeie nuus bring en vrede en verlossing aankondig, wat vir Sion sê: “Jou God regeer!”