JESAJA 52:5-6
JESAJA 52:5-6 Die Boodskap (DB)
En wat gebeur nou? vra die Here. My volk is sommer net so weggevoer. Dié wat oor hulle regeer, spot met hulle en maak my Naam aanhoudend sleg. Ek sal my volk leer om my Naam te herken. As Ek die dag met hulle praat, sal hulle dadelik weet dit is die Here wat met hulle praat.
JESAJA 52:5-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“En nou, wat kry Ek nou hier?” vra die HERE. “Wie het nou weer my volk sonder rede slawe gemaak? Dié wat oor hulle heers, spot met hulle,” sê die HERE. “Hulle praat die hele dag sleg van My. Daarom sal my volk my Naam ken. En daarom sal hulle weet wanneer die dag kom, dat dit Ek is wat sê: ‘Hier is Ek!’”
JESAJA 52:5-6 Bybel vir almal (ABA)
En nou, wat sal Ek hier doen?” Die Here sê dit. “Vyande het my volk gevat, maar my volk het niks aan hulle gedoen nie. My volk se regeerders huil.” Die Here sê dit. “Die vyande hou die hele dag aan om sleg te praat van My. Daarom sal my volk weet wie Ek is, daarom sal hulle daardie dag weet dit is Ek wat sê: Hier is Ek.”
JESAJA 52:5-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar nou, wat vind Ek hier? spreek die HERE; want my volk is vir niks weggeneem, sy oorheersers maak geraas, spreek die HERE, en my Naam word gedurigdeur die hele dag gelaster. Daarom sal my volk my Naam leer ken; daarom sal hulle weet op dié dag dat dit Ek is wat spreek: Hier is Ek!
JESAJA 52:5-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
En wat kry Ek nou hier in Babel? vra die Here. My volk is sonder rede weggevoer, hulle leiers huil, sê die Here. My Naam word gedurig belaster. Daardie dag sal my volk my Naam bely: dat Ek die Here is, dat dit Ek is wat sê: Hier is Ek!
JESAJA 52:5-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar nou, wat vind Ek hier?” is die uitspraak van die HERE. “Want my volk is sonder rede weggeneem, sy heersers huil,” is die uitspraak van die HERE, “en my Naam word voortdurend, daglank, verguis. Daarom sal my volk my Naam ken. Daarom, op daardie dag, sal hulle weet dat Ek die Een is wat sê, ‘Hier is Ek!’ ”
JESAJA 52:5-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Nou dan, wat het Ek hier, spreek die HERE, dat my volk verniet weggeneem is? die wat oor hulle heers, laat hulle huil, spreek die HERE; en my Naam word gedurigdeur elke dag gelaster. Daarom sal my volk my Naam ken; daarom sal hulle in dié dag weet dat dit Ek is wat spreek; kyk, dit is Ek.