JESAJA 51:11-12
JESAJA 51:11-12 Bybel vir almal (ABA)
So sal die Israeliete nou terugkom wanneer U hulle vrymaak. Hulle sal juig en aanhou om bly te wees wanneer hulle in Sion kom. Hulle sal vrolik wees en lag, hulle sal nie meer bekommerd wees en nie meer sug nie. Die Here sê
JESAJA 51:11-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
So sal dan die losgekooptes van die HERE teruggaan en na Sion kom met gejubel, en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry; kommer en gesug vlug weg. Ek is dit wat julle troos! Wie is jy, dat jy bevrees is vir die mens wat moet sterwe, en vir die mensekind wat oorgegee word soos gras?
JESAJA 51:11-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dié wat deur die Here verlos is, sal terugkeer, hulle sal juigend in Sion aankom, hulle sal altyd straal van blydskap, hulle sal vol vreugde en blydskap wees, ellende en smart sal verdwyn. Ek is die Here, Ek bring uitkoms vir julle. Hoe is dit dan dat jy bang is vir 'n sterflike mens, vir 'n mens wat so maklik vergaan soos gras?
JESAJA 51:11-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wie deur die HERE vrygekoop is, sal terugkeer, hulle sal in Sion aankom met jubelkrete; met ewige vreugde sal hulle gekroon wees. Blydskap en vreugde sal hulle oorweldig; verdriet en gesug sal wegvlug. “Ek, ja, Ek is die Een wat julle troos. Wie is jy dan dat jy bang is vir gewone mense wat sal sterf, vir mensekinders wat bestem is om soos gras te sterf
JESAJA 51:11-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarom sal die verlostes van die HERE terugkeer en na Sion kom met gejubel; en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; blydskap en blydskap sal hulle verkry; en droefheid en rou sal wegvlug. Ek is dit wat julle troos: wie is jy, dat jy bang sou wees vir 'n man wat sal sterwe en vir die mensekind wat soos gras gemaak word
JESAJA 51:11-12 Die Boodskap (DB)
Dié wat die Here vrygemaak het, sal weer terugkom na Jerusalem. Hulle sal baie bly wees as hulle in Sion aankom. Die gesigte sal straal van vreugde. Hulle sal vol blydskap wees. Hulle hartseer en swaarkry sal verby wees. Ek self praat jou moed in. Hoekom is jy dan bang vir ’n mens wat ook maar kan doodgaan? ’n Mens is mos maar soos gras wat ook kan verbygaan.
JESAJA 51:11-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Almal vir wie die HERE losgekoop het, sal met vreugde terugkeer na Sion. Blydskap sal die kroon op hulle koppe wees. Hulle sal vol vreugde en blydskap wees. Hartseer en smart sal verdwyn. “Ek, ja, Ek is die Een wat julle troos. Hoekom is julle dan bang vir gewone mense, vir mense wat soos gras vergaan en verdwyn?