JESAJA 49:13
JESAJA 49:13 Bybel vir almal (ABA)
Hemel, aarde, berge, julle moet juig en vrolik wees, want die Here laat dit goed gaan met sy volk, Hy help sy mense wat hulleself nie kan help nie.
Deel
Lees JESAJA 49JESAJA 49:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Jubel, o hemele, en juig, aarde; en berge breek uit in gejubel! Want die HERE het sy volk getroos en ontferm Hom oor sy ellendiges.
Deel
Lees JESAJA 49JESAJA 49:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jubel, hemel! Juig, aarde! Sing vrolik, berge! Die Here het vir sy volk uitkoms gegee, Hy het Hom ontferm oor sy volk wat in nood was.
Deel
Lees JESAJA 49JESAJA 49:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jubel, hemel, en juig, aarde! Breek uit in jubelkrete, berge! Want die HERE het sy volk getroos, Hom oor sy magteloses ontferm.
Deel
Lees JESAJA 49JESAJA 49:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Sing, o hemele! en wees bly, o aarde! en breek uit in gejubel, o berge! want die HERE het sy volk getroos en sy ellendige ontferm.
Deel
Lees JESAJA 49