JESAJA 45:19-21
JESAJA 45:19-21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek het gepraat – nie in die geheim nie, nie iewers in 'n donker land nie. Ek het nie vir die nageslag van Jakob gesê, ‘Soek My in 'n onherbergsame plek’ nie. Ek, die HERE, verkondig geregtigheid; Ek kondig aan wat reg is. Kom byeen, ja, kom! Kom almal nader, julle van die nasies wat ontvlug het! Hulle weet niks nie, hulle wat hulle afgodsbeelde van hout dra, wat bid tot 'n god wat nie verlos nie. Stel die saak en bring die bewyse! Beraadslaag ook saam! Wie het hierdie saak lankal reeds bekend gestel, dit tevore al aangekondig? Is dit nie Ek, die HERE, nie? Daar is geen ander God buiten My nie – 'n regverdige God, en Een wat verlos – geeneen behalwe Ek nie.
JESAJA 45:19-21 Die Boodskap (DB)
Ek het nie iets in die geheim gesê nie. Ek het nie daar gepraat waar dit donker en eenkant is nie. Ek het nie vir Jakob se nageslag gesê om na My te gaan soek waar dit eensaam en verlate is nie. Wat Ek, die Here, sê, is reg en regverdig. Laat almal uit die ander nasies wat moes vlug, nou bymekaarkom. Laat hulle hier na My toe kom. Die mense wat beelde ronddra wat van hout gemaak is, is baie dom. Hulle aanbid gode wat niemand kan bevry nie. Sit koppe bymekaar en beplan hoe julle julle saak gaan bewys. Wie het lankal al gesê wat nou gaan gebeur? Was dit nie maar Ek, die Here, nie? Daar is mos nie ’n ander God behalwe Ek nie. Ek is die enigste Een wat regverdig is en wat mense red. Niemand anders kan dieselfde vir julle doen nie.
JESAJA 45:19-21 Bybel vir almal (ABA)
Ek het gepraat waar almal My kon hoor, Ek het nie in 'n donker plek gepraat nie. Ek het nie vir die nageslag van Jakob gesê hulle moet My dien op 'n plek waar Ek nie is nie. Ek, die Here, praat wat reg is, Ek sê wat regtig sal gebeur. Israeliete, julle wat van die ander volke wegvlug, julle moet bymekaarkom, julle moet saam nader kom en kom luister. Die ander volke weet dit nie, die mense wat houtbeelde saam met hulle dra en bid tot gode wat hulle nie kan red nie. Sê vir hulle en laat hulle besluit: Wie is dit wat lank gelede gesê het wat sal gebeur? Dit is Ek, die Here. Daar is nie 'n ander God nie. Daar is nie nog 'n God wat regtig God is en wat mense kan red nie.
JESAJA 45:19-21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek het in die geheim nie gespreek nie — op 'n plek van die donker land; Ek het aan die geslag van Jakob nie gesê: Soek My tevergeefs nie. Ek is die HERE wat geregtigheid spreek, wat regte dinge verkondig. Versamel julle en kom, kom almal nader, julle wat uit die nasies ontvlug het! Hulle weet niks, wat die hout van hul gesnede beeld dra en 'n god aanbid wat nie kan verlos nie. Verkondig en bring voor, ja, laat hulle saam raad hou: Wie het dit van ouds af laat hoor, lank tevore dit verkondig? Is dit nie Ek, die HERE, nie? En buiten My is daar geen ander God nie: 'n regverdige en reddende God is daar buiten My nie.
JESAJA 45:19-21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek het nie in die geheim gepraat iewers in 'n donker land nie. Ek het nie aan die nakomelinge van Jakob gesê om My in 'n onbewoonbare land te dien nie. Wat Ek, die Here, sê, bring redding, my woorde gee lewe. Kom almal bymekaar, kom nader vir die beslissing, vlugtelinge uit die nasies. Dié wat afgodsbeelde dra wat van hout gemaak is, en tot 'n god bid wat nie kan red nie, het geen insig nie. Stel julle saak en bring julle bewyse, beraadslaag gerus met mekaar daaroor.
JESAJA 45:19-21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek het nie in die geheim gespreek, in 'n donker plek van die aarde nie; Ek het nie aan die nageslag van Jakob gesê: Soek My tevergeefs nie; Ek, die HERE, spreek geregtigheid, Ek verkondig reg. Kom bymekaar en kom; nader saam, julle wat uit die nasies ontvlug het! Sê dit en bring hulle nader; ja, laat hulle saam raad hou: wie het dit van ouds af verkondig? wie het dit van toe af vertel? het Ek nie die HERE nie? en daar is geen ander God buiten my nie; 'n regverdige God en 'n Verlosser; daar is niemand buiten my nie.
JESAJA 45:19-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek het nie in die geheim gepraat, êrens in ’n donker land nie. Ek het nie vir die afstammelinge van Jakob beveel om vir My iets te vra wat Ek nie beplan om vir hulle te gee nie. Ek, die HERE, praat die waarheid. Ek sê wat reg is. “Kom almal vir ’n vergadering bymekaar, julle almal uit die nasies wat rondhardloop. Hoe dwaas is almal wat hulle afgodsbeelde van hout ronddra, wat bid tot gode wat nie kan red nie! Praat saam, stel julle saak, bring julle bewyse dat afgode kan vertel wat in die toekoms gaan gebeur. Wie het lankal terug gesê wat gaan gebeur? Was dit nie Ek, die HERE, nie? Want daar is geen ander God as Ek nie, ’n regverdige God en ’n Redder. Buiten My is daar niemand nie.