JESAJA 45:19
JESAJA 45:19 Bybel vir almal (ABA)
Ek het gepraat waar almal My kon hoor, Ek het nie in 'n donker plek gepraat nie. Ek het nie vir die nageslag van Jakob gesê hulle moet My dien op 'n plek waar Ek nie is nie. Ek, die Here, praat wat reg is, Ek sê wat regtig sal gebeur.
JESAJA 45:19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek het in die geheim nie gespreek nie — op 'n plek van die donker land; Ek het aan die geslag van Jakob nie gesê: Soek My tevergeefs nie. Ek is die HERE wat geregtigheid spreek, wat regte dinge verkondig.
JESAJA 45:19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek het nie in die geheim gepraat iewers in 'n donker land nie. Ek het nie aan die nakomelinge van Jakob gesê om My in 'n onbewoonbare land te dien nie. Wat Ek, die Here, sê, bring redding, my woorde gee lewe.
JESAJA 45:19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek het gepraat – nie in die geheim nie, nie iewers in 'n donker land nie. Ek het nie vir die nageslag van Jakob gesê, ‘Soek My in 'n onherbergsame plek’ nie. Ek, die HERE, verkondig geregtigheid; Ek kondig aan wat reg is.
JESAJA 45:19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek het nie in die geheim gespreek, in 'n donker plek van die aarde nie; Ek het nie aan die nageslag van Jakob gesê: Soek My tevergeefs nie; Ek, die HERE, spreek geregtigheid, Ek verkondig reg.