JESAJA 45:1
JESAJA 45:1 Bybel vir almal (ABA)
Die Here praat met Kores, die man wat Hy gesalf het. Die Here het hom gehelp om volke te oorwin. Konings het opgehou om oorlog te maak teen Kores en die poorte van stede het vir hom oopgegaan.
JESAJA 45:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
SO sê die HERE aan sy gesalfde, aan Kores, wie se regterhand Ek gevat het om nasies voor hom neer te werp, terwyl Ek die lendene van konings losgord; om voor hom deure oop te maak, en poorte sal nie gesluit bly nie
JESAJA 45:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
So sê die Here aan sy gesalfde, aan Kores, vir wie Hy as heerser aangestel het, aan wie Hy nasies onderwerp en voor wie Hy konings hulle wapens laat neerlê, voor wie Hy deure oopmaak en poorte nie gesluit laat bly nie
JESAJA 45:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ So sê die HERE vir sy gesalfde, vir Kores, wie se regterhand Ek vasgegryp het om nasies voor hom te verslaan, deur konings te ontwapen om voor hom deure oop te maak, sodat poorte nie vir hom gesluit sal bly nie
JESAJA 45:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
So sê die HERE aan sy gesalfde, aan Kores, wie se regterhand Ek vasgehou het, om nasies voor hom te onderwerp; en Ek sal die lendene van konings losmaak om die twee poorte voor hom oop te maak; en die poorte mag nie gesluit word nie