JESAJA 44:6-8
JESAJA 44:6-8 Bybel vir almal (ABA)
Dit is die Here wat praat, die Koning van Israel wat hulle vrymaak, die Here wat oor alles regeer. Hy sê: “Ek was altyd God en Ek sal altyd God wees, daar is nie 'n ander God nie. Wie is soos Ek? As daar 'n ander God is, dan moet hy praat. Hy moet vir My sê wat het gebeur vandat Ek lank gelede my volk gemaak het, en Hy moet sê wat nog sal gebeur. Julle moenie skrik nie, julle moenie bang wees nie, Ek het dit lank gelede vir julle gesê, en julle weet Ek is God. Is daar 'n ander God? Nee, daar is nie een nie, nie een wat kan doen wat hy sê nie. Ek weet daar is nie 'n ander God nie.”
JESAJA 44:6-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
SO sê die HERE, die Koning van Israel en sy Losser, die HERE van die leërskare: Ek is die Eerste, en Ek is die Laaste, en buiten My is daar geen God nie. En wie roep soos Ek — laat hom dit dan te kenne gee en aan My voorlê — vandat Ek die volk van die ou tyd gegrond het? En laat hulle die toekomstige dinge en wat sal gebeur, te kenne gee. Wees nie verskrik nie, en moenie bewe nie! Het Ek jou dit nie lank tevore laat hoor en te kenne gegee nie? En júlle is my getuies! Is daar 'n God buiten My? Ja, daar is geen rotssteen nie; Ek ken geeneen nie.
JESAJA 44:6-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
So sê die Here, die Koning van Israel, sy Verlosser, die Here die Almagtige: Ek is die eerste en Ek is die laaste, buiten My is daar geen God nie. Wie soos Ek is, laat hom dit sê, laat hom sy saak stel en dit aan My voorlê; laat hom 'n verklaring gee van wat gebeur het vandat Ek my volk lank gelede gemaak het en ook van wat sal gebeur; laat hy vertel van die dinge wat kom. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie! Het Ek dit nie van lankal af aan julle verkondig, dit vir julle gesê nie? Julle is my getuies: is daar 'n God buiten My? Daar is geen ander Rots nie; Ek weet van geeneen nie.
JESAJA 44:6-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
So sê die HERE, die Koning van Israel, die Een wat hom loskoop, die HERE, Heerser oor alle magte: “Ek is die Eerste, en Ek is die Laaste. Buiten My is daar geen God nie. Wie is soos Ek? Laat hy dit uitroep! Hy moet die saak stel, dit aan My voorlê, aangesien Ek die oeroue volk gevestig het. Toekomstige gebeure en wat daarna sou volg, moes hulle vir die volk aangekondig het. Julle moet nie ontsteld wees nie, moenie deur vrees verlam word nie. Het Ek jou, Israel, dit nie vantevore laat hoor, dit aangekondig nie? Julle is my getuies: Is daar 'n God buiten My? Daar is nie nog 'n rots nie. Ek weet nie van een nie.
JESAJA 44:6-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
So sê die HERE, die Koning van Israel, en sy Losser, die HERE van die leërskare; Ek is die eerste, en ek is die laaste; en buiten my is daar geen God nie. En wie, soos Ek, sal roep, en sal dit verkondig en dit vir My instel, vandat Ek die ou volk aangestel het? en die dinge wat kom en sal kom, laat dit hulle te kenne gee. Wees nie bevrees en bevrees nie; julle is selfs my getuies. Is daar 'n God langs my? ja, daar is geen God nie; Ek ken nie enige nie.
JESAJA 44:6-8 Die Boodskap (DB)
Die Here is Israel se koning. Die Here wat die hemelse leërmag aanvoer, sal Israel bevry. Hy sê: Ek is God van ewigheid af tot in ewigheid. Daar is nie ’n ander God behalwe Ek nie. As iemand dink dat hy soos Ek is, moet hy dit sê. Hy moet dit kom bewys. Hy moet kom sê wat in die verlede met my volk gebeur het. Hy moet ook sê wat nog alles met hulle gaan gebeur. Moenie skrik nie. Hou op om bang te wees. Ek het mos lankal al vir julle gesê wat gaan gebeur. Julle is my getuies: daar is net eenvoudig geen ander god behalwe Ek nie. Ek weet van niemand anders op wie julle kan vertrou nie.
JESAJA 44:6-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
So sê die HERE, Israel se Koning en Verlosser, die HERE, die Almagtige: “Ek is die Eerste en die Laaste. Daar is geen ander God nie. Wie is daar wat kan vertel wat in die toekoms gaan gebeur? Laat hulle dit verklaar. Laat hulle verduidelik wat gebeur het vandat Ek my volk gevestig het. En laat hulle verduidelik wat nog gaan gebeur. Moenie bewe nie, moenie bang wees nie! Het Ek nie lankal gesê wat my doel met julle is nie? Julle is my getuies. Is daar enige ander God? Nee, daar is geen ander Rots nie. Ek weet van geeneen nie.”