JESAJA 44:23
JESAJA 44:23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Juig, hemel, oor wat die Here gedoen het, jubel, dieptes van die aarde, wees bly en juig, berge en bosse, want die Here het vir Jakob, vir Israel, verlos, die Here het sy mag laat blyk.
JESAJA 44:23 Bybel vir almal (ABA)
Die hemel moet juig, want die Here het dit gedoen. Diep plekke onder die aarde, julle moet skree, berge en bosse en elke boom in die bos, julle moet vrolik wees en juig, want die Here het die nageslag van Jakob vrygemaak, Hy het vir die Israeliete gewys dat Hy die Koning is.”
JESAJA 44:23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Jubel, o hemele, want die HERE het dit gedoen. Juig, dieptes van die aarde! Breek uit in gejubel, o berge, bosse en al die bome daarin! Want die HERE het Jakob verlos, en Hy sal Homself verheerlik aan Israel.
JESAJA 44:23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Juig, hemel, oor wat die Here gedoen het, jubel, dieptes van die aarde, wees bly en juig, berge en bosse, want die Here het vir Jakob, vir Israel, verlos, die Here het sy mag laat blyk.
JESAJA 44:23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jubel, hemel, want die HERE het opgetree! Juig, dieptes van die aarde! Breek uit in jubelkrete, berge, bosse en elke boom daarin; want die HERE het Jakob losgekoop, in Israel sy heerlikheid getoon!
JESAJA 44:23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Sing, o hemele! want die HERE het dit gedoen: jubel, o onderste dele van die aarde! breek uit in gejubel, berge, bos en al die bome daarin, want die HERE het Jakob verlos en Hom in Israel verheerlik.
JESAJA 44:23 Die Boodskap (DB)
Die lug daar bo moet uit volle bors sing oor wat die Here gedoen het. Selfs in die laagste plekke onder op die aarde moet daar hardop gesing word. Die berge met die bosse en bome daarop moet juig. Die Here het Jakob vrygemaak. Die Here het vir Israel gewys hoe groot Hy is.