JESAJA 42:5
JESAJA 42:5 Bybel vir almal (ABA)
God het gepraat. Hy is die Here wat die hemeldak gemaak het en wat dit soos 'n tent styfgetrek het. Hy is die Here wat die aarde gemaak het en alles wat uit die aarde kom. Hy is die Here wat asem en lewe gee aan die mense wat op die aarde is. Hy het gesê
JESAJA 42:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
So sê God, die HERE, wat die hemele geskape en hulle uitgesprei het, die aarde uitgespan het saam met wat daaruit voortkom, wat aan die aardbewoners die asem gee en die gees aan wie daarop wandel
JESAJA 42:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
So sê God, die Here, Hy wat die hemelkoepel geskep en dit oopgespan het, Hy wat die aarde gevorm het en alles wat dit oplewer, Hy wat aan al die mense op aarde die asem gee, die lewe aan alles wat op die aarde beweeg
JESAJA 42:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
So sê die ware God, die HERE, wat die hemel geskep en oopgespan het, wat die aarde uitgebrei het, en dit wat daaruit voortkom, wat asem gee aan die mense daarop, lewensasem aan wie daarop beweeg
JESAJA 42:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
So sê God die HERE, Hy wat die hemele geskape en uitgespan het; hy wat die aarde uitsprei en wat daaruit voortkom; hy wat aan die volk daarop asem gee, en gees vir die wat daarin wandel