JESAJA 41:9-10
JESAJA 41:9-10 Bybel vir almal (ABA)
Ek het Abraham uit 'n ver land laat kom en Ek het vir hom gesê: ‘Jy is my dienaar, Ek het jou gekies en jou nie vergeet nie.’ Julle moenie bang wees nie, want Ek is by julle. Julle moenie bang rondkyk nie, want Ek is julle God. Ek sal julle sterk maak en julle help, Ek sal julle vashou met my sterk hand.
JESAJA 41:9-10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
jy, wat Ek gegryp het van die eindes van die aarde en van sy uithoeke geroep het, en Ek het aan jou gesê: Jy is my kneg; jou het Ek uitverkies en jou nie verwerp nie. Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.
JESAJA 41:9-10 Afrikaans 1983 (AFR83)
jy, vir wie Ek van die uiteindes van die aarde af gegryp het, van sy uithoeke af geroep het, vir jou het Ek gesê: Jy is my dienaar, Ek het jou uitverkies, Ek het jou nie verwerp nie. Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou.
JESAJA 41:9-10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
jy, die een wat Ek gegryp het van die eindes van die aarde af, wat Ek van sy verste dele af geroep het, vir jou het Ek gesê, ‘Jy is my dienskneg!’ Ek het jou uitgekies, jou nie verwerp nie. Moenie bang wees nie, want Ek is by jou; moenie vrees nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou; ook help Ek en ondersteun Ek jou met my seëvierende regterhand.
JESAJA 41:9-10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Jy wat Ek van die eindes van die aarde af weggeneem en jou geroep het onder sy vernaamstes, en vir jou gesê het: Jy is my kneg; Ek het jou uitverkies en jou nie verwerp nie. Wees nie bevrees nie; want Ek is met jou; wees nie verskrik nie; want Ek is jou God; Ek sal jou versterk; ja, Ek sal jou help; ja, Ek sal jou ondersteun met die regterhand van my geregtigheid.
JESAJA 41:9-10 Die Boodskap (DB)
Ek het jou gaan haal by die heel verste plekke op die wêreld. Ek het jou laat kom van die uithoeke van die aarde af. Ek het vir jou gesê: “Kom bid tot My.” Ek het jou vir My uitgekies. Ek sal jou nooit in die steek laat nie. Ek is by jou. Jy hoef nie bekommerd te wees nie. Ek is jou God. Jy hoef nie bang te wees nie. Ek sal jou help. Ek sal jou sterk maak. Ek sal jou met my krag beskerm.
JESAJA 41:9-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jou het Ek teruggeroep vanaf die uithoeke van die aarde. Ek het gesê: ‘Jy is my dienaar,’ want Ek het jou gekies. Ek het jou nooit verwerp nie! Moenie bang wees nie, want Ek is by jou. Moenie ontsteld word nie, want Ek is jou God. Ek maak jou sterk en wil jou help. Ek laat jou oorwin met my regterhand wat mense red.