JESAJA 41:1-20

JESAJA 41:1-20 Die Boodskap (DB)

Die Here sê vir die lande wat oorkant die see is: Wag ’n bietjie. Maak julle reg. Kom nader en kom stel julle saak. Kom, laat ons dit in die hof gaan uitmaak. Wie anders is dit as die Here wat hierdie koning uit die ooste sal laat kom om alles voor hom plat te trap? Wie anders sal hom help om nasies te oorwin en konings voor hom te laat buig? Wie anders help hom om die nasies soos stofwolke met sy swaard voor hom uit te jaag? Wie anders help hom om hulle met sy boog op loop te jaag soos gras wat voor die wind wegwaai? Hy agtervolg hulle. Hy oorwin hulle. Hy marsjeer met sy leër deur plekke waar hy nog nooit was nie. Wie sal dit alles laat gebeur? Wie het nog van altyd af besluit wat met die mense moet gebeur? Dit was nog nooit enige iemand anders nie as net Ek, die Here. Ek was daar reg van die begin af. Ek sal nog steeds daar wees reg teen die einde. Die lande wat oorkant die see is, het gesien wat gebeur het. Hulle het bang geword. Die lande oor die hele wêreld begin bewe. Hulle kom bymekaar om reg te maak vir oorlog. Hulle praat mekaar moed in. Hulle sê vir mekaar: “Ons moet nou sterk wees.” Die kunstenaar wat met yster werk, help die een wat met goud werk om gou ’n afgod te maak. Die een wat goud uitklop, staan by die een wat yster op die aambeeld smee. Hulle sê vir mekaar: “Ons vorder goed.” Hulle maak ’n afgodsbeeld en sit hom aanmekaar met klinknaels sodat hy nie uitmekaar kan val nie. Maar jy hoef nie bang te wees nie, Israel. Jy behoort mos aan My. Jy is Jakob wat Ek vir My uitgekies het. Jy is my vriend Abraham se kind. Ek het jou gaan haal by die heel verste plekke op die wêreld. Ek het jou laat kom van die uithoeke van die aarde af. Ek het vir jou gesê: “Kom bid tot My.” Ek het jou vir My uitgekies. Ek sal jou nooit in die steek laat nie. Ek is by jou. Jy hoef nie bekommerd te wees nie. Ek is jou God. Jy hoef nie bang te wees nie. Ek sal jou help. Ek sal jou sterk maak. Ek sal jou met my krag beskerm. Al jou vyande wat so kwaad was vir jou gaan maar sleg daarvan afkom. Almal wat met jou baklei het, sal verdwyn. Jy sal verniet soek na die mense wat met jou rusie gemaak het. Die mense wat teen jou oorlog gemaak het, sal wegraak asof daar nooit sulke mense was nie. Ek is mos die Here jou God. Ek sal jou hande sterk maak. Ek sê vir jou: Hou nou op om bang te wees. Ek self help jou dan. Al is jy klein, Israel, en al voel jy soos ’n wurmpie, Ek sal jou help, sê die Here. Die groot God self gaan jou red, Israel. Ek maak jou soos ’n masjien waarmee ’n mens graan dors, wat nuwe, skerp lemme gekry het. Jy sal selfs berge kan dors en hulle fynmaal. Jy sal heuwels aan flarde kan sny soos graanstoppels. Jy sal hulle uitstrooi in die lug en die wind sal hulle wegwaai. ’n Windstorm sal hulle oor die aarde verstrooi. Dan sal jy sing van blydskap oor die Here. Jy sal die hoë God van Israel loof en prys. Wanneer Israel soos hulpelose mense verniet na water soek, wanneer hulle wil doodgaan van die dors, sal Ek, die Here, hulle gebede verhoor. Die God van Israel sal nie sy volk in die steek laat nie. Ek sal riviere tussen die droë berge deur laat loop. Ek sal fonteine onder in die laagtes laat uitborrel. Ek sal waterpanne in die woestynwêreld gee. Daar sal waterstrome deur droë gebiede vloei. Ek sal sederbome in die woestyn laat groei. Daar sal akasias, mirtebome en olyfbome staan. Waar dit heeltemal droog is, sal Ek sipresse, plataanbome en dennebome plant. Dan sal almal sien wat gebeur het. Hulle sal insien en erken dat dit die Here is wat die wonderwerk laat gebeur het. Die hoë God van Israel het die onmoontlike reggekry.

JESAJA 41:1-20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

“ Luister in stilte na My, eilande! Laat die volke nuwe krag kry; laat hulle na vore tree, dan kan hulle die woord voer. Laat ons saam nader kom vir die regsgeding. Wie het hom uit die ooste opgewek, hy op wie oorwinning wag met elke tree wat hy gee? Hy laat nasies voor hom verskyn, en konings onderwerp hy. Hy maak hulle soos stof met sy swaard, soos strooi wat wegwaai met sy boog. Hy agtervolg hulle, hy trek ongedeerd verby; hy raak nie met sy voet aan 'n pad nie. Wie het dit bewerk en uitgevoer, terwyl Hy van die begin af die geslagte roep? Ek, die HERE, was die eerste, en by die laaste geslagte sal Ek steeds daar wees. “Die eilande het dit gesien en is bevrees, die eindes van die aarde beef. Hulle het nader gekom, hulle het aangekom; hulle help mekaar. Die een sê vir die ander, ‘Hou moed!’ Die vakman bemoedig die smid; die een wat met 'n hamer die uitklopwerk doen, bemoedig die een wat op 'n aambeeld slaan. Hy sê van die smeewerk, ‘Dit is goed!’ Hulle slaan die beeld met spykers vas, sodat dit nie omkantel nie. “ Maar jy, Israel, my dienskneg, Jakob, wat Ek uitgekies het, nakomeling van Abraham, my vriend, jy, die een wat Ek gegryp het van die eindes van die aarde af, wat Ek van sy verste dele af geroep het, vir jou het Ek gesê, ‘Jy is my dienskneg!’ Ek het jou uitgekies, jou nie verwerp nie. Moenie bang wees nie, want Ek is by jou; moenie vrees nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou; ook help Ek en ondersteun Ek jou met my seëvierende regterhand. Kyk, hulle sal beskaamd staan en verneder word – almal wat vir jou kwaad is. Hulle sal soos niks wees en tot niet gaan, daardie manne wat teen jou 'n regstryd voer. Jy sal hulle soek, maar hulle nie vind nie, daardie manne wat teen jou stryd voer. Hulle sal soos niks, soos iets niksseggends wees, daardie manne wat teen jou oorlog voer. Want Ek, die HERE jou God, gryp jou regterhand vas, Ek wat vir jou sê, ‘Moenie bang wees nie – Ek is die Een wat jou help.’ Moenie bang wees nie, wurm Jakob, mense van Israel, Ek is die Een wat jou help!” is die uitspraak van die HERE. “Jou losser is die Heilige van Israel. Kyk, Ek maak jou 'n skerp nuwe dorsslee, een met dubbele rye tande. Jy sal berge dors en fynmaal, en heuwels sal jy soos kaf maak. Jy sal hulle uitwan; die wind sal hulle wegdra; 'n stormwind sal hulle uitmekaar waai. Maar jy sal juig oor die HERE, oor die Heilige van Israel sal jy roem. “Die magteloses en behoeftiges soek water, maar daar is niks; hulle tonge verdroog van dors. Ek, die HERE, sal hulle verhoor; Ek, die God van Israel, Ek sal hulle nie verlaat nie. Op kaal hoogtes laat Ek riviere ontspring, fonteine in die middel van valleie. Van 'n woestyn maak Ek 'n waterryke vleiland, van 'n dor land waterbronne. Ek laat in die woestyn seders, doringbome, mirtebome en wilde-olyfhoutbome opskiet; Ek plant in woestynvlaktes sipresse, en daarmee saam wildevlierbome en dennebome, sodat mense kan sien en erken, dit ter harte neem, en tegelykertyd begryp dat die hand van die HERE dit gedoen het, dat die Heilige van Israel dit geskep het.

JESAJA 41:1-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

“Bly stil en luister na My, eilande en kusgebiede. Laat die nasies hulle sterkste argumente kom stel. Laat die hof die saak uitmaak. “Wie het iemand uit die ooste wakker gemaak? Hy behaal heelpad oorwinning. Die HERE gee nasies aan hom oor en onderwerp konings aan hom. Hy maak hulle tot stof met sy swaard. Sy boog maak van hulle kaf wat die wind wegwaai. Ongehinderd agtervolg hy hulle, al was hy nog nooit voorheen op dié pad nie. Wie het sulke magtige dinge gedoen en die verloop van dinge van die begin af bepaal? Dit is Ek, die HERE, die Eerste. Wanneer die laaste dinge gebeur, sal Ek, die HERE, nog daar wees.” Die eilande kyk toe in vrees, die aarde se eindes bewe. Hulle kom nader vir die geveg. Hulle praat mekaar moed in en sê: “Wees sterk!” Die werksmense maak gou nuwe gode. Die ambagsman jaag die goudsmid aan, en die een wat die metaal uitklop, help hom wat by die aambeeld werk. “Die smeewerk is goed!” sê hulle. Dan slaan hulle die beeld met spykers vas sodat dit nie omval nie! “Maar jy, Israel, my dienaar, jy is Jakob, wat Ek gekies het, afstammeling van Abraham, my vriend. Jou het Ek teruggeroep vanaf die uithoeke van die aarde. Ek het gesê: ‘Jy is my dienaar,’ want Ek het jou gekies. Ek het jou nooit verwerp nie! Moenie bang wees nie, want Ek is by jou. Moenie ontsteld word nie, want Ek is jou God. Ek maak jou sterk en wil jou help. Ek laat jou oorwin met my regterhand wat mense red. “Almal wat vir jou kwaad is, sal in die skande kom en verleë wees. Almal wat jou weerstaan, sal vergaan. Jy sal jou vyande soek, maar hulle nêrens kry nie. Almal wat teen jou oorlog maak, sal soos niks wees! Ek gryp jou regterhand vas. Ek is die HERE jou God. En Ek sê vir jou: ‘Moenie bang wees nie. Ek is daar om jou te help!’ Moenie bang wees nie, nietige wurmpie, Jakob! Al is jy min, Israel, sal Ek jou help, sê die HERE. Ek is die Een wat jou red, die Heilige van Israel. Kyk, Ek maak jou soos ’n nuwe dorsslee met baie skerp tande. Jy sal die berge fynmaal, die heuwels tot kaf maak. Jy sal hulle uitwan, en ’n wind sal hulle wegwaai. ’n Stormwind sal hulle verstrooi. Maar jy sal bly wees in die HERE en roem in die Heilige van Israel. “Die armes en behoeftiges soek na water, maar kry niks. Hulle tonge bars van dors. Dan sal Ek, die HERE, hulle verhoor. Ek, die God van Israel, sal hulle nie verlaat nie. Ek sal riviere laat ontspring op die hoë bergpieke. Ek sal vir hulle fonteine gee in die valleie. Ek sal die woestyn in ’n poel water verander. Ek verander die droë, gebarste grond in fonteine. Ek sal bome plant in die woestyn – seders, doringbome, mirte en olyfbome. Ek laat in die droë wêreld sipresse groei, ook platane en denne. Almal sal hierdie wonderwerk sien gebeur. Hulle sal dan verstaan dat die HERE dit gedoen het. Die Heilige van Israel het dit geskep.

JESAJA 41:1-20 Bybel vir almal (ABA)

Die Here sê: “Al die mense wat woon in die ver lande by die see, al die volke, julle moet stilbly en julle moet luister na My! Julle moet gereedmaak en nader kom en praat. Ons moet saam praat en hoor wie is reg. Wie het die man uit die ooste laat kom, die man wat al die volke en die konings oorwin? Hulle val voor sy swaard en voor sy boog, soos stof of soos kaf wat wegwaai. Hy jaag die volke, niemand stop hom nie, sy voete raak nie aan die grond nie. Wie het dit laat gebeur? Wie het van die begin af gesê wat in die wêreld moet gebeur? Dit is Ek, die Here. Ek was eerste, en wanneer die laaste dinge gebeur, dan sal Ek nog die Here wees. Al die mense wat in die ver lande langs die see woon, al die mense op die aarde, het gesien wat gebeur. Hulle het bang geword en hulle het nader gekom. Hulle help mekaar en sê vir mekaar: ‘Ons moet sterk wees.’ Die manne wat beelde maak, sê vir mekaar: ‘Ons het goeie werk gedoen!’ En hulle maak die beeld sterk en hulle slaan die beeld vas met spykers sodat dit nie omval nie.” En Ek sê vir julle: “My dienaars, mense van Israel, nageslag van Jakob wat Ek gekies het, nageslag van my vriend Abraham: Ek het Abraham uit 'n ver land laat kom en Ek het vir hom gesê: ‘Jy is my dienaar, Ek het jou gekies en jou nie vergeet nie.’ Julle moenie bang wees nie, want Ek is by julle. Julle moenie bang rondkyk nie, want Ek is julle God. Ek sal julle sterk maak en julle help, Ek sal julle vashou met my sterk hand. Kyk, almal wat iets sleg wil doen aan julle, sal teleurgesteld wees. Hulle sal nie weet wat om te doen nie. Die mense wat wil hê dit moet sleg gaan met julle, sal word soos niks, hulle sal sterf. Die mense wat oorlog maak teen julle, sal word soos niks, julle sal hulle soek en julle sal hulle nie kry nie. Ja, Ek, julle God die Here, Ek maak julle sterk, Ek sê vir julle: Moenie bang wees nie, Ek help julle. “Julle is so swak soos 'n wurm, julle is min, maar julle moenie bang wees nie, Ek help julle.” Dit sê die Here, die Heilige God van Israel. “Kyk, Ek het julle soos 'n nuwe dors-slee gemaak, 'n dors-slee wat skerp ysters het. Julle sal berge en heuwels fynmaal en julle sal dit soos kaf maak. Julle sal hulle in die lug opgooi, en die stormwind sal hulle wegwaai. Maar julle sal juig omdat die Here julle God is, julle sal die Heilige God van Israel prys.” “Die mense wat hulleself nie kan help nie en wat arm is, soek water, maar daar is nie water nie. Hulle tonge word droog, want hulle is dors. Ek, die Here, sal vir hulle gee wat hulle vra, Ek, die God van Israel, sal hulle nie alleen los nie. Ek sal die water in riviere laat vloei en Ek sal fonteine oopmaak op die plekke waar daar nou niks plante is nie. Ek sal die droë woestyn verander in 'n plek waar daar baie water is en waar riete groei. Ek sal bome laat groei in die woestyn: sederbome, doringbome, mirteboompies en olienhout, jenewerbome, essenhoutbome en sipresbome. Dan sal die mense wat dit sien, weet dat Ek, die Here, dit gedoen het, Ek, die Heilige God van Israel.”

JESAJA 41:1-20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

LUISTER in stilte na My, o eilande, en laat die volke nuwe krag kry; laat hulle aankom, laat hulle dan spreek; laat ons saam na die gereg gaan. Wie het hom uit die Ooste verwek vir wie die oorwinning tegemoet tree by elke voetstap? Wie gee nasies aan hom oor en laat hom konings vertrap, wie se swaard hulle maak soos stof, wie se boog hulle maak soos 'n dwarrelende stoppel, dat hy hulle agtervolg, ongehinderd verbytrek, die pad met sy voete nie betree nie? Wie het dit gedoen en tot stand gebring? Hy wat die geslagte roep van die begin af; Ek, die HERE, die Eerste, en by die laaste is Ek dieselfde. Die eilande het dit gesien en gevrees, die eindes van die aarde het gebewe; hulle het nader gekom en toegestroom. Die een het die ander gehelp en aan sy metgesel gesê: Wees sterk! En die ambagsman het die goudsmid versterk, hy wat met die hamer plat slaan, hom wat op die aambeeld slaan, terwyl hy van die soldeersel sê: Dit is goed! Daarna slaan hy dit vas met spykers, dat dit nie wankel nie. MAAR jy, Israel, my kneg, Jakob, wat Ek uitverkies het, nageslag van Abraham, my vriend, jy, wat Ek gegryp het van die eindes van die aarde en van sy uithoeke geroep het, en Ek het aan jou gesê: Jy is my kneg; jou het Ek uitverkies en jou nie verwerp nie. Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand. Kyk, hulle almal sal beskaamd staan en in die skande kom wat op jou toornig is; hulle sal word soos niks, en jou teëparty sal omkom. Jy sal hulle soek, maar hulle nie vind nie — die manne wat met jou twis; hulle sal word soos niks en soos 'n nietige ding — die manne wat teen jou oorlog voer. Want Ek, die HERE jou God, gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê: Wees nie bevrees nie, Ek help jou. Wees nie bevrees nie, wurmpie Jakob, volkie Israel! Ék help jou, spreek die HERE, en jou Losser is die Heilige van Israel. Kyk, Ek maak jou tot 'n skerp, nuwe dorsslee wat baie tande het: jy sal berge dors en fyn maal, en heuwels maak soos kaf. Jy sal hulle uitwan, en die wind sal hulle wegneem en die storm hulle verstrooi; maar jy sal juig in die HERE, jou beroem op die Heilige van Israel. Die ellendiges en behoeftiges soek water, maar daar is nie; hulle tong verdroog van dors; Ek, die HERE, sal hulle verhoor; Ek, die God van Israel, sal hulle nie verlaat nie. Ek sal riviere op die kaal heuwels oopmaak en fonteine in die laagtes; Ek sal die woestyn 'n waterplas maak en die dor land waterbronne. Ek sal in die woestyn gee die seder, die akasia en die mirt en die wilde-olyfboom; Ek sal in die wildernis plant die sipres, die plataan en die denneboom, dié almal; sodat hulle almal saam kan sien en beken en opmerk en verstaan dat die hand van die HERE dit gedoen het en die Heilige van Israel dit geskape het.

JESAJA 41:1-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

Bly stil en luister na My, eilande, maak julle gereed, volke, staan nader en stel julle saak, laat ons die saak uitmaak. Wie is dit wat hom uit die ooste laat opstaan het vir wie elke voetstap oorwinning bring? Wie gee nasies aan hom oor, onderwerp konings aan hom? Sy swaard en sy pyl en boog laat hulle verdwyn soos stof voor die wind, soos dwarrelende stoppels. Hy agtervolg hulle en trek ongehinderd voort, sy voete raak nie eens grond nie. Wie het dit bewerkstellig, dit gedoen? Wie het die verloop van dinge van die begin af bepaal? Dit is Ek, die Here! Ek is die eerste, en wanneer die laaste dinge gebeur, sal Ek nog die Here wees. Die eilande het gesien wat gebeur en het bang geword, die hele aarde het gebewe. Die mense kom bymekaar, hulle help mekaar en praat mekaar moed in. Die ambagsman praat die goudsmid moed in, die een wat die metaal uitklop, praat hom wat dit aanmekaar smee, moed in. Hulle sê: “Die smeewerk is goed!” Dan slaan hulle die beeld met spykers vas dat hy nie omval nie! Maar jy, my dienaar, Israel, Jakob vir wie Ek uitverkies het, afstammeling van Abraham vir wie Ek liefhet, jy, vir wie Ek van die uiteindes van die aarde af gegryp het, van sy uithoeke af geroep het, vir jou het Ek gesê: Jy is my dienaar, Ek het jou uitverkies, Ek het jou nie verwerp nie. Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou. Almal wat teen jou te kere gaan, sal teleurgesteld staan en die aftog blaas. Jou teëparty sal soos niks word, hulle sal omkom. Jy sal dié soek wat teen jou veg, maar hulle sal nêrens te vinde wees nie; dié wat teen jou oorlog maak, sal word soos niks, soos iets wat nie bestaan nie. Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand, Ek sê vir jou: Moenie bang wees nie, Ék help jou. Moenie bang wees nie, al is jy niks meer as 'n wurm nie, Jakob, al is jy klein, Israel. Ék help jou, sê die Here jou Verlosser, die Heilige van Israel. Ek maak jou 'n skerp dorsslee, 'n nuwe met baie tande; jy sal berge dors en fynmaal, jy sal van rante kaf maak. Jy sal hulle uitwan, en die wind sal hulle wegwaai, die stormwind sal hulle verstrooi; dan sal jy jubel in die Here, jy sal roem in die Heilige van Israel. Die hulpeloses en die armes soek water, maar daar is nie; hulle versmag van dors. Maar Ek, die Here, sal hulle gebede verhoor, Ek, die God van Israel, sal hulle nie verlaat nie. Ek sal op die kaal bergtoppe riviere laat ontspring, en in die laagtes fonteine laat uitborrel. Ek sal woestyngebied in rietvlei verander, dor land in fonteinwêreld. Ek sal in die woestyn seders laat groei, doringbome, mirte en olyfbome. Ek sal in die barre wêreld sipresse laat groei saam met platane en denne. Dan sal die mense sien en erken, almal sal begryp en insien dat die Here dit gedoen het, dat die Heilige van Israel dit geskep het.

JESAJA 41:1-20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

“ Luister in stilte na My, eilande! Laat die volke nuwe krag kry; laat hulle na vore tree, dan kan hulle die woord voer. Laat ons saam nader kom vir die regsgeding. Wie het hom uit die ooste opgewek, hy op wie oorwinning wag met elke tree wat hy gee? Hy laat nasies voor hom verskyn, en konings onderwerp hy. Hy maak hulle soos stof met sy swaard, soos strooi wat wegwaai met sy boog. Hy agtervolg hulle, hy trek ongedeerd verby; hy raak nie met sy voet aan 'n pad nie. Wie het dit bewerk en uitgevoer, terwyl Hy van die begin af die geslagte roep? Ek, die HERE, was die eerste, en by die laaste geslagte sal Ek steeds daar wees. “Die eilande het dit gesien en is bevrees, die eindes van die aarde beef. Hulle het nader gekom, hulle het aangekom; hulle help mekaar. Die een sê vir die ander, ‘Hou moed!’ Die vakman bemoedig die smid; die een wat met 'n hamer die uitklopwerk doen, bemoedig die een wat op 'n aambeeld slaan. Hy sê van die smeewerk, ‘Dit is goed!’ Hulle slaan die beeld met spykers vas, sodat dit nie omkantel nie. “ Maar jy, Israel, my dienskneg, Jakob, wat Ek uitgekies het, nakomeling van Abraham, my vriend, jy, die een wat Ek gegryp het van die eindes van die aarde af, wat Ek van sy verste dele af geroep het, vir jou het Ek gesê, ‘Jy is my dienskneg!’ Ek het jou uitgekies, jou nie verwerp nie. Moenie bang wees nie, want Ek is by jou; moenie vrees nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou; ook help Ek en ondersteun Ek jou met my seëvierende regterhand. Kyk, hulle sal beskaamd staan en verneder word – almal wat vir jou kwaad is. Hulle sal soos niks wees en tot niet gaan, daardie manne wat teen jou 'n regstryd voer. Jy sal hulle soek, maar hulle nie vind nie, daardie manne wat teen jou stryd voer. Hulle sal soos niks, soos iets niksseggends wees, daardie manne wat teen jou oorlog voer. Want Ek, die HERE jou God, gryp jou regterhand vas, Ek wat vir jou sê, ‘Moenie bang wees nie – Ek is die Een wat jou help.’ Moenie bang wees nie, wurm Jakob, mense van Israel, Ek is die Een wat jou help!” is die uitspraak van die HERE. “Jou losser is die Heilige van Israel. Kyk, Ek maak jou 'n skerp nuwe dorsslee, een met dubbele rye tande. Jy sal berge dors en fynmaal, en heuwels sal jy soos kaf maak. Jy sal hulle uitwan; die wind sal hulle wegdra; 'n stormwind sal hulle uitmekaar waai. Maar jy sal juig oor die HERE, oor die Heilige van Israel sal jy roem. “Die magteloses en behoeftiges soek water, maar daar is niks; hulle tonge verdroog van dors. Ek, die HERE, sal hulle verhoor; Ek, die God van Israel, Ek sal hulle nie verlaat nie. Op kaal hoogtes laat Ek riviere ontspring, fonteine in die middel van valleie. Van 'n woestyn maak Ek 'n waterryke vleiland, van 'n dor land waterbronne. Ek laat in die woestyn seders, doringbome, mirtebome en wilde-olyfhoutbome opskiet; Ek plant in woestynvlaktes sipresse, en daarmee saam wildevlierbome en dennebome, sodat mense kan sien en erken, dit ter harte neem, en tegelykertyd begryp dat die hand van die HERE dit gedoen het, dat die Heilige van Israel dit geskep het.

JESAJA 41:1-20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Bly stil voor my, o eilande; en laat die volke hulle krag vernuwe; laat hulle nader kom; laat hulle dan spreek; laat ons saam nader tot die oordeel. Wie het die regverdige man uit die ooste laat opstaan, hom op sy voete geroep, die nasies voor hom gegee en hom oor konings laat heers? Hy het hulle gegee soos stof vir sy swaard en soos gedrewe stoppels aan sy boog. Hy het hulle agtervolg en veilig verbygegaan; selfs terloops dat hy nie met sy voete gegaan het nie. Wie het dit bewerk en gedoen deur die geslagte van die begin af te roep? Ek, die HERE, die Eerste en saam met die laastes; Ek is hy. Die eilande het dit gesien en gevrees; die eindes van die aarde was bang, het nader gekom en gegaan. Hulle het elkeen sy naaste gehelp; en elkeen sê vir sy broer: Hou goeie moed. Daarop het die timmerman die goudsmid aangemoedig, en hy wat met die hamer gladmaak, hom wat die aambeeld geslaan het, en gesê: Dit is gereed om te smeer; en hy het dit met spykers vasgemaak, dat dit nie sou beweeg nie. Maar jy, Israel, is my dienaar, Jakob wat Ek uitverkies het, die nageslag van Abraham, my vriend. Jy wat Ek van die eindes van die aarde af weggeneem en jou geroep het onder sy vernaamstes, en vir jou gesê het: Jy is my kneg; Ek het jou uitverkies en jou nie verwerp nie. Wees nie bevrees nie; want Ek is met jou; wees nie verskrik nie; want Ek is jou God; Ek sal jou versterk; ja, Ek sal jou help; ja, Ek sal jou ondersteun met die regterhand van my geregtigheid. Kyk, almal wat teen jou toornig was, sal beskaamd staan en beskaamd staan; en die wat met jou twis, sal omkom. Jy sal hulle soek en hulle nie vind nie, die wat met jou getwis het; Want Ek, die HERE jou God, sal jou regterhand vashou en vir jou sê: Wees nie bevrees nie; Ek sal jou help. Wees nie bevrees nie, jy wurm Jakob, en julle manne van Israel! Ek sal jou help, spreek die HERE, en jou Verlosser, die Heilige van Israel. Kyk, Ek maak jou 'n nuwe skerp dorswerktuig met tande: jy moet die berge dors en dit fyn maal, en die heuwels maak soos kaf. Jy sal hulle waai, en die wind sal hulle wegvoer, en die storm sal hulle verstrooi; en jy sal juig in die HERE en roem in die Heilige van Israel. As die armes en behoeftiges water soek, en daar is nie, en hulle tong faal van dors, Ek, die HERE, sal hulle verhoor, Ek, die God van Israel, sal hulle nie verlaat nie. Ek sal riviere oopmaak op hoogtes en fonteine in die valleie; Ek sal die woestyn 'n waterplas maak en die droë land waterfonteine. Ek sal in die woestyn die seder, die akasiaboom en die mirt en die olieboom plant; Ek sal in die woestyn die denneboom en die denne en die buksboom saam laat sit: sodat hulle saam kan sien en weet en sien en verstaan dat die hand van die HERE dit gedoen het en die Heilige van Israel dit geskape het.