JESAJA 39:8
JESAJA 39:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hiskia het vir Jesaja gesê: “Die woord van die Here wat jy aan my oorgedra het, is goed.” Hiskia het bygevoeg: “As daar maar net in my tyd vrede en veiligheid is!”
JESAJA 39:8 Die Boodskap (DB)
Hiskia het die boodskap verkeerd verstaan en daarom het hy vir Jesaja gesê: “Dit is goed so! Ten minste sal daar in my leeftyd vrede en veiligheid vir die land wees.”
JESAJA 39:8 Bybel vir almal (ABA)
Hiskia het vir Jesaja gesê: “Ek het gehoor wat jy sê. Wat die Here gesê het, is goed.” Hiskia het ook gesê: “Ek hoop ons sal vrede hê en veilig wees so lank soos ek nog lewe.”
JESAJA 39:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe sê Hiskía vir Jesaja: Die woord van die HERE wat u gespreek het, is goed. Ook sê hy: Daar sal tog vrede en bestendigheid wees in my dae!
JESAJA 39:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hiskia sê toe vir Jesaja: “Die woord van die HERE wat jy gespreek het, is goed.” Hy het gedink: Want daar sal vrede en bestendigheid in my tyd wees.