JESAJA 39:6
JESAJA 39:6 Die Boodskap (DB)
Daar kom ’n tyd dat al jou besittings en alles wat jou voorgangers bymekaargemaak het, na Babel toe weggedra gaan word. Daar sal net mooi niks hier oorbly nie.
JESAJA 39:6 Bybel vir almal (ABA)
Die soldate van Babel sal eendag alles kom vat wat in jou paleis is, alles wat jou voorvaders en jy bymekaargemaak het. Daar sal niks oorbly nie. Dit is wat die Here sê.
JESAJA 39:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Kyk, daar kom dae dat alles wat in jou huis is en wat jou vaders opgehoop het tot vandag toe, na Babel weggevoer sal word; daar sal niks oorbly nie, sê die HERE.
JESAJA 39:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar kom 'n tyd dat alles wat in jou paleis is, weggedra sal word na Babel toe, al die skatte wat jou voorvaders en jy tot nou toe versamel het. Daar sal niks oorbly nie, sê die Here.
JESAJA 39:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
‘Kyk, daar kom dae wanneer alles wat in jou paleis is en wat jou voorouers bymekaar gemaak het tot vandag toe, na Babel weggedra sal word – daar sal niks oorbly nie,’ het die HERE gesê.