JESAJA 30:12-15
JESAJA 30:12-15 Bybel vir almal (ABA)
Daarom sê die Heilige God van Israel nou: “Julle het nie geluister na wat Ek vir julle gesê het nie, julle het gedink dit is reg om mense te verdruk en te bedrieg. Daarom sal hierdie sonde word soos 'n stukkende plek in 'n hoë muur wat nie regop is nie. Die muur sal skielik omval en stukkend breek soos 'n kleipot wanneer iemand die pot stukkend slaan. Daar sal nie een stuk van die pot oorbly om kole uit 'n vuur te krap, of om water uit 'n dam te skep nie.” Die Here, die Heilige God van Israel, het gesê
JESAJA 30:12-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarom, so sê die Heilige van Israel: Omdat julle hierdie woord verwerp en vertrou op verdrukking en slinksheid en daarop steun, daarom sal hierdie skuld vir julle wees soos 'n los stuk wat wil val, wat oorhang in 'n hoë muur, waarvan die instorting heeltemal onverwags kom. Ja, Hy sal dit verbreek soos die kruik van 'n pottebakker verbreek word, wat sonder verskoning stukkend geslaan word, sodat by die brokstukke daarvan geen skerf gevind word om vuur uit die vuurherd te gaan haal of om water uit die kuil te skep nie. Want so sê die Here HERE, die Heilige van Israel: In terugkeer en rus lê julle heil, in stil wees en vertroue bestaan julle krag; maar julle wou nie
JESAJA 30:12-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
So sê die Heilige van Israel: Julle het my waarskuwing verwerp, julle het julle vertroue gestel in geweld en bedrog en daarop gesteun. Daarom word hierdie sonde vir julle 'n hoë stuk muur wat oorhang en dreig om te val en dan skielik, onverwags inmekaarstort en in stukke spat soos 'n groot kleipot wat meedoënloos fyn geslaan word sodat daar onder al sy skerwe nie een oor is om mee kole uit 'n vuurmaakplek te krap of water uit 'n opgaarput te skep nie. So het die Here my God, die Heilige van Israel, gesê: As julle julle bekeer en tot rus kom, sal julle gered word. Julle krag lê in stil wees en vertroue hê.
JESAJA 30:12-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarom, so sê die Heilige van Israel: “Omdat julle hierdie woord verwerp het, vertrou het op afpersing en skelmstreke, en daarop gesteun het, daarom sal hierdie sondeskuld vir julle wees soos die bres in 'n hoë muur wat oorhel om te val, waarvan die ineenstorting skielik, onverwags, sal kom. Dit sal gebreek word soos 'n pottebakkerskruik breek – dit word genadeloos stukkend geslaan, sodat tussen die stukkies geen potskerf gevind kan word om kole uit die vuurmaakplek te haal of water uit 'n kuil te skep nie.” Want so sê my Heer, die HERE, die Heilige van Israel: “In bekering en rustigheid lê julle redding, in kalmte en vertroue lê julle krag; maar julle weier.
JESAJA 30:12-15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarom, so sê die Heilige van Israel: Omdat julle hierdie woord verag en op verdrukking en verdraaidheid vertrou en daarop bly; Daarom sal hierdie ongeregtigheid vir julle wees soos 'n breuk wat gereed is om te val, wat opswel in 'n hoë muur, waarvan die verbreking skielik in 'n oomblik kom. En hy moet dit breek soos die breek van die pottebakkersvoorwerp wat stukkend gebreek word; hy sal nie spaar nie, sodat daar in sy bars geen skerf gevind sal word om vuur uit die vuurherd te haal of om water uit die put te haal nie. Want so sê die HERE HERE, die Heilige van Israel: In terugkeer en rus sal julle gered word; in stilte en vertroue sal julle krag wees, en julle wou nie.
JESAJA 30:12-15 Die Boodskap (DB)
Maar nou sê Israel se heilige God vir julle: “Julle het my waarskuwing verwerp omdat julle staatmaak op afpersing en bedrog. Hierdie sonde is vir julle net so gevaarlik soos ’n stadsmuur wat begin oorhang het na die een kant toe: dit val in ’n oogwink en sonder waarskuwing om. Julle sal vernietig word net soos ’n kleipot wat fyn en flenters gebreek word totdat daar nie eers ’n groot genoeg potskerf oorbly waarmee ’n mens ’n paar kooltjies uit die vuur kan skep of selfs ’n bietjie water uit ’n put kan skep nie.” Maar die Here, die heilige Regeerder van Israel, sê: “Slegs as julle julle bekeer en julle vertroue in My stel en rustig op My wag, sal julle gered word. Julle krag lê daarin dat julle stil op My vertrou.” Maar daarvan wou julle niks weet nie.
JESAJA 30:12-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Daarom antwoord die Heilige van Israel self: “Julle het my waarskuwing geïgnoreer, en eerder vertrou op leuens en bedrog. Daarom sal rampe skielik oor julle kom. Dit sal wees soos ’n muur wat oorhang en dreig om om te val. En dan skielik, onverwags, sal dit inmekaarstort. Julle sal soos ’n kleipot stukkend breek. Julle sal so fyn gebreek word dat daar nie eers ’n stukkie sal oorbly wat groot genoeg is dat ’n mens ’n kooltjie daarop kan dra, of water van die put kan skep nie.” So sê die oppermagtige HERE, die Heilige van Israel: “Eers as julle na My draai en tot rus kom, sal julle gered word. Deur stil te raak en te vertrou, sal julle sterk word. Maar julle wou nie.