JESAJA 11:10
JESAJA 11:10 Bybel vir almal (ABA)
Daardie dag sal die koning van die nageslag van Isai 'n teken wees vir die volke dat hulle moet kom. Hulle sal vir die koning vra wat hulle moet doen, en sy woonplek sal baie mooi wees.
Deel
Lees JESAJA 11JESAJA 11:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En in dié dag sal die nasies vra na die wortel van Ísai, wat daar staan as 'n banier van die volke, en sy rusplek sal heerlik wees.
Deel
Lees JESAJA 11JESAJA 11:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
In dié tyd sal iemand uit die geslag van Isai 'n vaandel wees vir die volke. Die nasies sal na hom vra, en sy woonplek sal hoë aansien geniet.
Deel
Lees JESAJA 11JESAJA 11:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Op daardie dag sal die wortel van Isai as banier vir die volke bly staan – die nasies sal daarna vra, en sy rusplek sal luisterryk wees.
Deel
Lees JESAJA 11JESAJA 11:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En in dié dag sal daar 'n wortel van Isai wees, wat as 'n vaandel van die volk sal staan; daarna sal die heidene soek, en sy rus sal heerlik wees.
Deel
Lees JESAJA 11