JESAJA 1:25-26
JESAJA 1:25-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek draai teen julle. Ek sal julle smelt en die lood afskep. Al julle onsuiwerhede sal Ek verwyder. Daarna gee Ek aan julle goeie regters en wyse adviseurs soos julle vroeër gehad het. Dan sal Jerusalem weer genoem word die Stad van Geregtigheid, die Getroue Stad.”
JESAJA 1:25-26 Bybel vir almal (ABA)
Ja, Ek sal julle vat en Ek sal julle reinig, soos wanneer iemand silwer smelt en hy haal die grond en die tin uit die silwer. Ek sal vir die stad weer goeie leiers gee om te regeer, en ook goeie raadgewers. Die mense sal sê: ‘Die stad is die Regverdige Stad, die mense in daardie stad doen wat die Here wil hê.’
JESAJA 1:25-26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Ek sal my hand teen jou uitstrek en jou skuim soos met loog uitsuiwer en al jou looddele wegneem. En Ek sal jou weer regters gee soos vroeër en raadsmanne soos in die begin; daarna sal jy 'n stad van geregtigheid, 'n getroue vesting genoem word.
JESAJA 1:25-26 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek sal teen jou optree; met loog sal Ek jou lood weer tot silwer suiwer, al jou afsaksel afskei. Ek sal jou regeerders weer maak soos hulle vroeër was en jou leiers soos in die begin. Dan sal hulle jou weer noem: Stad van Geregtigheid, Getroue Stad.
JESAJA 1:25-26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek sal my hand teen jou draai, jou metaalskuim uitsmelt soos met potas, al jou onsuiwerhede verwyder. Ek sal jou regters tot inkeer bring soos dit voorheen was, en ook jou raadgewers soos dit aan die begin was. Daarna sal jy genoem word: Stad van Geregtigheid, Getroue Vesting.”
JESAJA 1:25-26 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Ek sal my hand teen jou draai en jou skuim suiwer wegspoel en al jou blik wegneem. En Ek sal jou regters herstel soos in die begin, en jou raadgewers soos in die begin; daarna sal jy genoem word: Stad van geregtigheid, getroue stad.
JESAJA 1:25-26 Die Boodskap (DB)
Ek gaan teen julle optree. Soos ’n mens silwer smelt en al die onsuiwerheid daaruit haal, so gaan Ek julle smelt en al die gemors uit julle uitkry. Ek sal weer vir jou goeie leiers en raadgewers gee soos dié van vroeër. Dan sal Jerusalem weer die stad van geregtigheid wat getrou is aan die Here, genoem word.