HOSEA 6:1
HOSEA 6:1 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het gesê: “Die mense van Israel en Juda sal sê: ‘Kom ons gaan terug na die Here toe. Dit is Hý wat ons stukkend geskeur het, maar Hy sal ons weer gesond maak. Dit is Hy wat ons geslaan het, maar Hy sal ons seerplekke toedraai.
HOSEA 6:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
KOM en laat ons terugkeer tot die HERE; want Hy het verskeur en sal ons genees, Hy het geslaan en sal ons verbind.
HOSEA 6:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Kom ons gaan terug na die Here, want Hý het ons verskeur maar sal ons weer gesond maak, Hý het ons geslaan maar sal weer ons wonde verbind.
HOSEA 6:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Kom ons keer terug na die HERE – want Hy is die Een wat ons verskeur het, maar Hy sal ons gesond maak; Hy het ons geslaan, maar Hy sal ons wonde verbind.
HOSEA 6:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Kom, laat ons ons tot die HERE bekeer, want Hy het verskeur, en Hy sal ons genees; Hy het geslaan, en Hy sal ons verbind.