HEBREËRS 9:6-7
HEBREËRS 9:6-7 Bybel vir almal (ABA)
Die Israeliete het al hierdie dinge so gereedgemaak. Die priesters het altyd in die eerste tent ingegaan om daar die werk van priesters te doen. Maar in die tweede tent het net die hoëpriester ingegaan, een maal elke jaar. Hy het altyd bloed saamgeneem wanneer hy daar ingegaan het, die bloed wat hy ge-offer het vir sy eie sondes en vir die sondes wat die volk gedoen het toe hulle nie geweet het dat dit sonde is nie.
HEBREËRS 9:6-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En nadat hierdie dinge so ingerig was, het die priesters wel gedurig in die eerste tabernakel ingegaan om die dienste te vervul, maar in die tweede die hoëpriester alleen, een maal in die jaar, nie sonder bloed nie, wat hy offer vir homself en vir die sondes van die volk uit onwetendheid begaan
HEBREËRS 9:6-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Met die dinge só ingerig, het die priesters gereeld die voorste gedeelte van die verbondstent binnegegaan om die dienste te verrig. Maar in die agterste gedeelte het alleen die hoëpriester ingegaan, en dit net een keer in die jaar, en dan nie sonder bloed nie, om vir homself te offer en vir die sondes wat die volk onwetend gedoen het.
HEBREËRS 9:6-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Met hierdie dinge dan so ingerig, gaan die priesters gereeld die voorste tent binne om hulle rituele diens te verrig. Maar by die tweede tent gaan net die hoëpriester in, en dit slegs een keer per jaar, en nie sonder bloed wat hy vir homself offer, en vir die sondes wat die volk onwetend gedoen het nie.
HEBREËRS 9:6-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe hierdie dinge so bepaal was, het die priesters altyd in die eerste tabernakel ingegaan en die diens van God volbring. Maar in die tweede het die hoëpriester een maal elke jaar alleen ingegaan, nie sonder bloed nie, wat hy vir homself en oor die dwalings van die volk geoffer het.
HEBREËRS 9:6-7 Die Boodskap (DB)
Nou weet ons ten minste hoe die Heilige plek gelyk het. Die priesters het gereeld in die eerste kamer (die Heilige deel) ingegaan. Daar het hulle alles gedoen wat hulle moes. Net die hoëpriester kon in die tweede kamer (die Heiligste deel) ingaan, niemand anders nie. Hy kon dit ook net een maal ’n jaar doen. Dan het hy bloed saamgevat om te offer sodat sy eie sonde deur God vergewe kon word, asook al die verkeerde dinge wat God se mense gedoen het, al het hulle dit nie eens besef nie.
HEBREËRS 9:6-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Wat die erediensbepalings betref: Met alles so ingerig, het die priesters gereeld in die voorste vertrek van die verbondstent ingegaan om hulle dienste te verrig. Maar in die agterste vertrek, die Allerheiligste, kon net die hoofpriester ingaan en dit net een keer per jaar – boonop altyd met bloed wat hy aan God moes offer vir sy eie sondes sowel as vir die sondes wat die volk in hulle onkunde begaan het.