HEBREËRS 9:26-28
HEBREËRS 9:26-28 Bybel vir almal (ABA)
As Christus Homself meer as een maal ge-offer het, dan moes Hy baie maal gely het vandat God die wêreld gemaak het. Nee, Christus het nou een maal verskyn aan die einde van hierdie tyd om die sondes weg te neem. Hy het Homself ge-offer om die sondes weg te neem. Al die mense moet een maal sterf, en daarna sal God hulle oordeel. So het die Christus Homself ook net een maal ge-offer om die sondes van baie mense weg te neem. Maar wanneer Hy die tweede maal verskyn, dan sal Hy nie kom om te sterf en om sonde weg te neem nie, Hy sal dan kom om die mense te red wat vir Hom wag.
HEBREËRS 9:26-28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
want dan moes Hy dikwels gely het van die grondlegging van die wêreld af. Maar nou het Hy een maal in die voleinding van die eeue verskyn om die sonde deur sy offer weg te doen. En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel, so sal Christus ook, nadat Hy een maal geoffer is om die sondes van baie weg te neem, vir die tweede maal sonder sonde verskyn aan die wat Hom verwag tot saligheid.
HEBREËRS 9:26-28 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dan sou Christus immers herhaaldelik moes gely het, reeds van die skepping van die wêreld af. Maar nou het Hy net een keer in die voleinding van die tye verskyn om deur sy offer die sonde weg te neem. 'n Mens is bestem om net een maal te sterf, en daarna kom die oordeel. So is Christus ook net een maal geoffer om die sondes van baie weg te neem. As Hy die tweede keer verskyn, kom Hy nie in verband met sonde nie, maar om verlossing te bring vir dié wat Hom verwag.
HEBREËRS 9:26-28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
aangesien Hy dan dikwels, van die grondlegging van die wêreld af, sou moes ly. Maar nou, by die volheid van die tye, het Hy eens en vir altyd verskyn om met sy offer die sonde ter syde te stel. En net soos dit bestem is vir mense om slegs een maal te sterf, en daarna kom die oordeel, so sal •Christus, nadat Hy eenmalig geoffer is om die sondes van baie te dra, 'n tweede maal verskyn aan hulle wat Hom verwag, nie weens sonde nie, maar om hulle te verlos.
HEBREËRS 9:26-28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want dan moes Hy dikwels gely het van die grondlegging van die wêreld af, maar nou het Hy een maal aan die voleinding van die wêreld verskyn om die sonde weg te doen deur sy offer. En soos dit aan die mense bestem is om een maal te sterwe, maar daarna die oordeel: So is Christus eenmaal geoffer om die sondes van baie te dra; en aan die wat Hom verwag, sal Hy vir die tweede keer sonder sonde verskyn tot redding.
HEBREËRS 9:26-28 Die Boodskap (DB)
Dan moes Hy mos van die begin af oor en oor gely het. Nee, Christus het maar een maal gekom toe die tyd daarvoor ryp was. Toe het Hy Homself vir God geoffer en so klaargespeel met al ons sondes. Net soos ’n mens maar een maal sterf en dan voor God moet gaan staan om sy oordeel aan te hoor, so het Jesus net een maal gesterf. Sy sterwe was soos ’n offer waarmee Hy gesorg het dat God al die verkeerde dinge oorsien wat baie mense gedoen het. Christus sal weer kom, maar hierdie keer nie om vir al die verkeerde dinge wat ons doen te kom boet nie. Hy sal dan kom om almal wat vir Hom wag na God toe te neem.
HEBREËRS 9:26-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Anders sou Christus mos telkens weer moes sterf van die begin van die wêreld af! O nee, Hy het nou, met die voleinding van die tye, eens en vir altyd verskyn om deur sy offer die sonde vir altyd weg te neem. Soos elke mens bestem is om net een keer te sterf en daarna kom die oordeel, net so is Christus ook net een keer geoffer om baie mense se sonde weg te neem. Hy sal weer kom, maar dan nie met die oog op die verlossing van sonde nie. Hierdie keer sal Hy verskyn om almal wat gretig na sy koms uitsien, finaal te verlos.