HEBREËRS 9:26
HEBREËRS 9:26 Bybel vir almal (ABA)
As Christus Homself meer as een maal ge-offer het, dan moes Hy baie maal gely het vandat God die wêreld gemaak het. Nee, Christus het nou een maal verskyn aan die einde van hierdie tyd om die sondes weg te neem. Hy het Homself ge-offer om die sondes weg te neem.
HEBREËRS 9:26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
want dan moes Hy dikwels gely het van die grondlegging van die wêreld af. Maar nou het Hy een maal in die voleinding van die eeue verskyn om die sonde deur sy offer weg te doen.
HEBREËRS 9:26 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dan sou Christus immers herhaaldelik moes gely het, reeds van die skepping van die wêreld af. Maar nou het Hy net een keer in die voleinding van die tye verskyn om deur sy offer die sonde weg te neem.
HEBREËRS 9:26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
aangesien Hy dan dikwels, van die grondlegging van die wêreld af, sou moes ly. Maar nou, by die volheid van die tye, het Hy eens en vir altyd verskyn om met sy offer die sonde ter syde te stel.
HEBREËRS 9:26 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want dan moes Hy dikwels gely het van die grondlegging van die wêreld af, maar nou het Hy een maal aan die voleinding van die wêreld verskyn om die sonde weg te doen deur sy offer.