HEBREËRS 8:11
HEBREËRS 8:11 Bybel vir almal (ABA)
Hulle sal nie meer vir mekaar leer of sê: “Jy moet die Here ken” nie. Hulle almal sal My ken, onbelangrike en belangrike mense
HEBREËRS 8:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer en sê: Ken die Here nie; want almal sal My ken, klein en groot onder hulle.
HEBREËRS 8:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dan hoef niemand meer sy medeburger te leer en vir sy broer te sê: ‘Jy moet die Here ken’ nie. Hulle almal, klein en groot, sal My ken.
HEBREËRS 8:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Niemand sal meer sy medeburger of sy broer onderrig en sê, ‘Ken die Here!’ nie, omdat hulle almal My sal ken, van die kleinste tot die grootste onder hulle.
HEBREËRS 8:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hulle sal nie elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer deur te sê: Ken die Here nie, want almal sal My ken, van klein tot groot.