HEBREËRS 8:1-5
HEBREËRS 8:1-5 Bybel vir almal (ABA)
Wat ek gesê het, beteken dit: Ons het 'n Hoëpriester, Hy het gaan sit op die belangrikste plek langs die troon van die Groot Koning in die hemel. Hy doen 'n priester se werk in die tempel, dit is die ware tempel-tent. Die Here het die tempel gebou, 'n mens het dit nie gedoen nie. Want God kies elke hoëpriester om presente en offers te bring. Daarom moes ook hierdie Hoëpriester, Jesus, iets hê om te offer. Hierdie Hoëpriester in die hemel sou nie 'n priester kon wees as Hy op die aarde was nie, want hier op die aarde is daar priesters wat die presente offer soos die Wette van Moses sê. Hulle doen die werk van priesters by 'n tempel, en die tempel lyk soos die tempel in die hemel. Toe Moses gereed was om die tempel-tent te bou, het God vir hom gesê wat hy moet doen. God het gesê: “ Kyk goed, jy moet alles maak presies soos Ek vir jou op die berg gewys het.”
HEBREËRS 8:1-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
DIE hoofsaak nou van wat ons gesê het, is dít: Ons het so 'n Hoëpriester wat gaan sit het aan die regterhand van die troon van die Majesteit in die hemele, 'n Bedienaar van die heilige dinge en van die ware tabernakel wat die Here opgerig het en nie 'n mens nie. Want elke hoëpriester word aangestel om gawes en offers te bring. Daarom moes Hy ook iets hê om te offer. Want as Hy op aarde was, sou Hy selfs geen priester wees nie, omdat daar priesters is wat volgens die wet die gawes offer, hulle wat 'n afbeeldsel en skaduwee van die hemelse dinge bedien, soos Moses 'n goddelike bevel ontvang het toe hy die tabernakel sou voltooi; want Hy het gesê: Kyk dat jy alles maak volgens die voorbeeld wat jou op die berg getoon is.
HEBREËRS 8:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die hoofsaak van wat gesê is, is dit: ons het 'n Hoëpriester, Een wat gaan sit het aan die regterkant van die troon van die Majesteit in die hemel. Hy is bedienaar van die heiligdom, die ware verbondstent, wat deur die Here opgerig is en nie deur 'n mens nie. Elke hoëpriester word aangestel om gawes en offers te bring; daarom moet ook hierdie Een iets hê om te offer. As Hy nog op aarde was, sou Hy nie eens priester kon wees nie, omdat volgens die wet daar reeds priesters is wat die gawes offer. Hulle bedien egter slegs 'n afbeelding en skadubeeld van die hemelse heiligdom. Toe Moses die Goddelike opdrag gekry het om die verbondstent op te rig, het God gesê: “Sorg dat jy alles maak volgens die voorbeeld wat Ek jou op die berg gewys het.”
HEBREËRS 8:1-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die hoofsaak van wat gesê is, is dat ons só 'n Hoëpriester het: Een wat gaan sit het aan die regterkant van die troon van die Majesteit in die hemele, 'n bedienaar in die heiligdom, ja, in die ware •tabernakel wat die Here, nie 'n mens nie, opgerig het. Elke hoëpriester word tog aangestel om gawes en offers te bring. Daarom was dit noodsaaklik dat ook Hy iets moes hê om te offer. As Hy dan op aarde was, sou Hy nie 'n priester gewees het nie, aangesien daar priesters is wat die gawes volgens wet bring. Hulle bediening is 'n afbeelding en afskaduwing van die hemelse, net soos die goddelike opdrag wat Moses ontvang het toe hy die ware tabernakel moes oprig, en God vir hom gesê het: “Let op dat jy alles maak volgens die voorbeeld wat vir jou op die berg gewys is.”
HEBREËRS 8:1-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Nou van die dinge wat ons gespreek het, is dit die som: Ons het so 'n hoëpriester wat sit aan die regterhand van die troon van die Majesteit in die hemele; 'n Dienaar van die heiligdom en van die ware tabernakel wat die Here opgeslaan het, en nie 'n mens nie. Want elke hoëpriester is aangestel om gawes en offers te bring; daarom is dit noodsaaklik dat hierdie man ook iets het om te offer. Want as hy op die aarde was, sou hy geen priester wees nie, aangesien daar priesters is wat gawes volgens die wet aanbied. Wat dien tot die voorbeeld en skaduwee van hemelse dinge, soos Moses deur God vermaan is toe hy op die punt was om die tabernakel te bou
HEBREËRS 8:1-5 Die Boodskap (DB)
Wat ek wil sê, is dit: ons het die wonderlikste Hoëpriester denkbaar. Hy sit op die ereplek langs die magtige God self. In die heilige plek waar God is, is Jesus besig om as Hoëpriester vir ons te doen wat vir ons nodig is om ook by God te wees. Dis nie mense wat God se heilige blyplek gebou het nie, maar God self het dit gedoen. Die eintlike werk wat ’n hoëpriester moet doen, is om namens mense vir God geskenke en offers te gee. Jesus moes daarom ook iets hê om te offer. As Hy maar net ’n gewone mens op aarde was, sou Hy nie eens ’n priester kon wees nie, want daar was al priesters. Die wet sê mos presies wie op aarde ’n priester mag wees en wie nie. Hierdie priesters werk egter in ’n heilige plek op aarde wat in vergelyking met die hemelse heilige plek maar net soos ’n skaduwee is. Die aardse een is maar soos ’n tekening van die werklike een in die hemel. Toe Moses die heilige plek vir die Israeliete in die woestyn reggemaak het, het God dit mos duidelik vir hom gesê: “Maak doodseker dat jy alles presies so maak soos Ek dit vir jou op die berg gewys het toe jy by My was.”
HEBREËRS 8:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die hoofpunt van my hele betoog tot dusver is dat ons ’n baie spesiale Hoofpriester het wat plek ingeneem het op die hemelse troon, aan die regterhand van die Majesteit. Daar doen Hy diens in die heiligdom, die ware hemelse tabernakel wat God self opgerig het, nie ’n mens nie. En aangesien elke hoofpriester aangestel word om gawes en offers te bring, moet ons Hoofpriester ook iets hê om aan te bied. As Hy nog hier op aarde was, sou Hy nie eers ’n priester kon wees nie omdat daar reeds priesters is wat die wetlike offers bring. Hulle dien in ’n heiligdom wat maar net ’n kopie, ’n flou skadubeeld van die ware, hemelse heiligdom is. Want toe Moses aan die regmaak was om die tabernakel op te rig, het God aan hom die opdrag gegee: “Sorg dat jy alles maak volgens die voorbeeld wat Ek vir jou op die berg gewys het.”