HEBREËRS 7:24-25
HEBREËRS 7:24-25 Bybel vir almal (ABA)
Maar Jesus lewe vir altyd, daarom hou Hy aan om 'n priester te wees. Daarom kan Jesus ook die mense heeltemal red, die mense wat Hy na God toe gelei het. Jesus kan dit doen omdat Hy vir altyd lewe om vir God te vra om hulle te help.
HEBREËRS 7:24-25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
maar Hy, omdat Hy vir ewig bly, besit 'n priesterskap wat nie op ander oorgaan nie. Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree.
HEBREËRS 7:24-25 Afrikaans 1983 (AFR83)
Omdat Jesus vir ewig bly, beklee Hý 'n priesterskap wat nie op 'n ander oorgedra word nie. Daarom kan Hy ook dié wat deur Hom na God gaan, eens en vir altyd verlos: Hy lewe vir altyd om vir hulle by God in te tree.
HEBREËRS 7:24-25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
maar omdat Hy tot in ewigheid bly, besit Hy 'n priesterskap wat nie tot 'n einde kom nie. Dit is waarom Hy ook volkome in staat is om hulle wat deur Hom na God toe kom, te verlos – omdat Hy altyd leef, om ter wille van hulle in te tree.
HEBREËRS 7:24-25 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar hierdie man, omdat hy vir ewig aanhou, het 'n onveranderlike priesterskap. Daarom is Hy ook in staat om hulle tot die uiterste te red wat deur Hom na God toe kom, aangesien Hy altyd lewe om vir hulle in te tree.
HEBREËRS 7:24-25 Die Boodskap (DB)
Met Jesus is dit glad nie so nie. Hy leef vir ewig en daarom sal Hy vir altyd priester bly. Ons hoef dus nie ’n ander priester te soek nie. Juis daarom kan Hy ons saak by God regmaak wanneer ons deur Hom na God toe gaan. Hy sal altyd daar wees om ons saak by God te stel, want Hy leef vir altyd.