HEBREËRS 7:20-21
HEBREËRS 7:20-21 Die Boodskap (DB)
En nog ’n ander ding: God het Jesus met ’n eed priester gemaak. Nie een van die ander priesters kan dit sê nie. Toe God Jesus as priester aangestel het, het Hy gesê: “Met ’n eed het die Here sy woord gegee en sal dit nooit terugtrek of breek nie: ‘Jy is die priester vir ewig en altyd.’”
HEBREËRS 7:20-21 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het 'n priester geword omdat God dit vir Hom belowe het. Die Levi-priesters het priesters geword, maar God het dit nie vir hulle belowe nie. Maar Jesus het 'n priester geword omdat God dit vir Hom belowe het, en God was self die getuie. Hy het gesê: Die Here het belowe, en dit sal so wees: Jy self sal altyd 'n priester wees.
HEBREËRS 7:20-21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En vir sover dit nie sonder eedswering was nie — want húlle het sonder eedswering priesters geword, maar Hy met eedswering deur die Een wat aan Hom gesê het: Die Here het gesweer en dit sal Hom nie berou nie: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek
HEBREËRS 7:20-21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit het nie sonder die bevestiging met 'n eed plaasgevind nie. Die Leviete het wel priesters geword sonder die bevestiging met 'n eed, maar Jesus met 'n eed deur God, wat vir Hom gesê het: “Die Here het dit met 'n eed bevestig en Hy sal dit nie herroep nie: ‘Jy is priester vir ewig.’ ”
HEBREËRS 7:20-21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wat hierdie saak betref, dit het nie sonder eedswering plaasgevind nie: Hulle het wel sonder eedswering priesters geword, maar Hy het dit inderdaad met eedswering geword, deur God wat vir Hom gesê het: “Die Here het 'n eed afgelê, en dit sal Hom nie berou nie: Jy is priester vir ewig.”
HEBREËRS 7:20-21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En vir sover hy nie sonder 'n eed priester gemaak is nie; Want daardie priesters is sonder eed aangestel, maar dit met 'n eed deur hom wat vir hom gesê het: Die Here het gesweer en sal hom nie bekeer nie: U is 'n priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek.
HEBREËRS 7:20-21 Die Boodskap (DB)
En nog ’n ander ding: God het Jesus met ’n eed priester gemaak. Nie een van die ander priesters kan dit sê nie. Toe God Jesus as priester aangestel het, het Hy gesê: “Met ’n eed het die Here sy woord gegee en sal dit nooit terugtrek of breek nie: ‘Jy is die priester vir ewig en altyd.’”
HEBREËRS 7:20-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Boonop het God met ’n eed bevestig dat Christus vir altyd priester sal bly – iets wat nie in die geval van gewone priesters gebeur het nie. Dis net vir Christus wat Hy gesê het: “Die Here het ’n eed afgelê en Hy sal dit nie herroep nie: Jy sal vir ewig priester bly.”