HEBREËRS 6:20
HEBREËRS 6:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit is waar Jesus, ons Voorloper, ter wille van ons ingegaan het, en Hoëpriester vir ewig geword het volgens die orde van Melgisedek.
HEBREËRS 6:20 Die Boodskap (DB)
Jesus, wat die pad na God vir ons oopmaak, is klaar daar ter wille van ons. Hy is mos ons Hoëpriester op dieselfde manier as wat Melgisedek ’n priester was.
HEBREËRS 6:20 Bybel vir almal (ABA)
Jesus is ons Leier en Hy het voor ons daar ingegaan om ons te help. Hy het dit gedoen omdat Hy vir altyd Hoëpriester geword het, soos Melgisedek hoëpriester was.
HEBREËRS 6:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
waar Jesus as voorloper vir ons ingegaan het, Hy wat volgens die orde van Melgisédek 'n hoëpriester geword het vir ewig.
HEBREËRS 6:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar het Jesus, ons Voorloper, ter wille van ons ingegaan, en Hy is vir ewig Hoëpriester volgens die orde van Melgisedek.