HEBREËRS 6:18-20
HEBREËRS 6:18-20 Bybel vir almal (ABA)
God het dinge belowe en Hy is sy eie getuie, en hierdie twee dinge kan nie verander nie omdat God nie kan lieg nie. Ons het na God toe gevlug. Daarom kan ons baie seker wees dat die dinge nog sal gebeur, en ons kan hoop en wag daarvoor. Ons hoop en ons wag vir die dinge wat sal gebeur, daarom is ons lewe veilig en daarom kan ons vas glo. Dit is soos 'n anker wat keer sodat 'n skip nie wegdryf nie. Ons hoop en ons is seker dat Jesus ons anker is, Jesus wat agter die gordyn in die tempel ingaan. Jesus is ons Leier en Hy het voor ons daar ingegaan om ons te help. Hy het dit gedoen omdat Hy vir altyd Hoëpriester geword het, soos Melgisedek hoëpriester was.
HEBREËRS 6:18-20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
sodat ons deur twee onveranderlike dinge, waarin dit onmoontlik is dat God sou lieg, kragtige bemoediging kan hê, ons wat ontvlug het, om vas te hou aan die hoop wat voorlê; en ons het dit as 'n anker van die siel wat veilig en vas is en ingaan tot binnekant die voorhangsel waar Jesus as voorloper vir ons ingegaan het, Hy wat volgens die orde van Melgisédek 'n hoëpriester geword het vir ewig.
HEBREËRS 6:18-20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die twee onveranderlike dinge, die belofte en die eed, waarborg dat God sy woord gestand sal doen, en is vir ons wat ons toevlug tot Hom geneem het, 'n kragtige aansporing om vas te hou aan die hoop op wat vir ons weggelê is. Hierdie hoop besit ons as 'n veilige en onbeweeglike lewensanker, wat agter die voorhangsel vas is. Daar het Jesus, ons Voorloper, ter wille van ons ingegaan, en Hy is vir ewig Hoëpriester volgens die orde van Melgisedek.
HEBREËRS 6:18-20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die doel daarvan was dat, deur hierdie twee onveranderlike dinge, waarvolgens dit vir God onmoontlik sou wees om te lieg, ons wat vrygekom het, 'n kragtige bemoediging sou hê om stewig vas te hou aan die hoop wat voorlê. Ons het hierdie hoop as 'n veilige en stewige anker van die •siel, wat tot aan die binnekant van die voorhangsel ingaan. Dit is waar Jesus, ons Voorloper, ter wille van ons ingegaan het, en Hoëpriester vir ewig geword het volgens die orde van Melgisedek.
HEBREËRS 6:18-20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Sodat ons deur twee onveranderlike dinge, waarin dit vir God onmoontlik was om te lieg, 'n sterk vertroosting kan hê, wat gevlug het vir skuiling om vas te hou aan die hoop wat voor ons lê: wat ons hoop het as 'n anker van die siel, vas en vas, en wat ingaan in die binnekant van die voorhangsel; Waarheen die voorloper vir ons is, het ingegaan, ja, Jesus het vir ewig hoëpriester gemaak volgens die orde van Melgisédek.
HEBREËRS 6:18-20 Die Boodskap (DB)
Daar is nou twee dinge wat soos ’n paal bo water staan en nooit verander sal kan word nie: daar is die belofte van God en die eed wat Hy geneem het. En God kan nie lieg nie. Ons wat na God toe is om gered te word kan daarom vir seker weet dat God sy beloftes sal hou. Om God so te vertrou is soos ’n geestelike anker. Dit gee ons lewe vastigheid en sekerheid. Dit verbind ons ook direk met God self in die heiligste van heilige plekke. Jesus, wat die pad na God vir ons oopmaak, is klaar daar ter wille van ons. Hy is mos ons Hoëpriester op dieselfde manier as wat Melgisedek ’n priester was.
HEBREËRS 6:18-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hierdie twee dinge waarborg dat God sy woord sal hou. En so het ons wat onsself aan God toevertrou het, ’n kragtige aansporing om vas te hou aan die vooruitsig wat vir ons wink. Hierdie vooruitsig is soos ’n betroubare en stewige anker – ’n anker wat onbeweeglik vasgemaak is in die Allerheiligste van die hemelse heiligdom, net agter die binneste gordyn. Dít is tog waar Jesus, ons Voorloper, ter wille van ons ingegaan het – Hy wat ons ewige Hoofpriester geword het volgens die priesterorde van Melgisedek.