HEBREËRS 5:8-9
HEBREËRS 5:8-9 Bybel vir almal (ABA)
Dit is waar dat Jesus die Seun van God is, maar Hy het geleer om gehoorsaam te wees toe Hy so swaar gekry het en gesterf het. En toe Jesus gely het en gereed was om Hoëpriester te wees voor God, het Jesus vir altyd die Redder geword van almal wat luister na Hom.
HEBREËRS 5:8-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het; en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, 'n bewerker van ewige saligheid geword
HEBREËRS 5:8-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hoewel Hy die Seun was, het Hy deur alles wat Hy gely het, geleer wat gehoorsaamheid is. En toe Hy volmaaktheid bereik het, het Hy vir almal wat aan Hom gehoorsaam is, die bron van ewige saligheid geword
HEBREËRS 5:8-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Alhoewel Hy die Seun was, het Hy gehoorsaamheid geleer deur wat Hy gely het. En nadat Hy tot volmaaktheid gebring is, het Hy vir almal wat aan Hom gehoorsaam is, die bron van ewige verlossing geword
HEBREËRS 5:8-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Al was Hy 'n Seun, het Hy tog gehoorsaamheid geleer uit die dinge wat Hy gely het; En toe Hy volmaak is, het Hy die bewerker van ewige verlossing geword vir almal wat Hom gehoorsaam
HEBREËRS 5:8-9 Die Boodskap (DB)
Al was Jesus sy Seun, het Hy ervaar wat dit beteken om regtig gehoorsaam te wees deurdat Hy na God bly luister het, al het dit met Hom hoe swaar gegaan. Nadat Hy gewys het dat Hy aan God en net aan Hom gehoorsaam is en nooit iets doen waarvan God nie hou nie, kon Hy die ewige lewe uitdeel aan almal wat na Hom wou luister.