HEBREËRS 5:1-2
HEBREËRS 5:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer God mense kies en aanstel om hoëpriesters te wees, dan is dit altyd húlle wat God se werk moet doen. Hulle moet dan presente en offers bring omdat mense sondes doen. So 'n hoëpriester kan geduldig wees met die mense wat verkeerde dinge doen omdat hulle nie geweet het dat dit verkeerd is nie. Die hoëpriester doen dit omdat hy self ook 'n swak mens is.
HEBREËRS 5:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
WANT elke hoëpriester wat uit die mense geneem word, tree ten behoewe van mense op in die dinge wat in betrekking tot God staan, om gawes en offers vir die sondes te bring as een wat kan saamvoel met die onwetendes en dwalendes, omdat hy self ook met swakheid bevange is.
HEBREËRS 5:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Elke hoëpriester is 'n mens wat uit die mense geneem en aangestel word om vir hulle by God in te tree deur gawes en offers vir die sondes te bring. Hy kan meegevoel hê met die onwetendes en dwalendes, omdat hy self aan swakheid onderhewig is.
HEBREËRS 5:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Elke hoëpriester wat uit mense geneem word, word immers ook ter wille van mense aangestel vir die offerdiens voor God, sodat hy ter wille van die sondes geskenke en offers kan bring. Hy kan deernis hê met dié wat in onkunde dwaal, aangesien hy self ook aan swakheid blootgestel is.
HEBREËRS 5:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want elke hoëpriester wat uit die mense weggeneem word, is vir mense aangestel in die dinge van God, om gawes sowel as slagoffers vir sondes te bring. Wie kan medelye hê met die onkundiges en die wat uit die weg is; omdat hy self ook deur krankheid omsingel is.
HEBREËRS 5:1-2 Die Boodskap (DB)
Laat ons oor hoëpriesters nadink. ’n Hoëpriester word uit mense gekies en aangestel om ander mense se sake by God te behartig. Dit gaan oor godsdienstige dinge wat God raak: die hoëpriester moet allerhande offers vir God gee sodat God nie die mense straf vir al die verkeerde dinge wat hulle doen nie. Omdat die hoëpriester self ’n swak mens is, sal hy simpatie hê met mense wat verkeerde dinge doen of wat nie weet wat reg is nie.
HEBREËRS 5:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
’n Hoofpriester is iemand wat uit die mense geneem en vir die mense aangewys word om priesterdiens voor God te verrig. Hy lê dié mense se gawes voor God en bring ook offers vir hulle sondes. Hy kan empatie hê met die onkundiges en dwalendes omdat hy self aan swakheid onderhewig is.