HEBREËRS 4:15
HEBREËRS 4:15 Bybel vir almal (ABA)
Want ons het 'n Hoëpriester wat presies weet hoe dit voel om so swak te wees soos ons. Die duiwel het op baie maniere hard probeer om vir Jesus te verlei, soos hy ook vir ons probeer verlei. Maar Jesus het nie sonde gedoen nie.
HEBREËRS 4:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want ons het nie 'n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.
HEBREËRS 4:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie.
HEBREËRS 4:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want ons het nie 'n Hoëpriester wat nie medelye met ons swakhede kan hê nie, maar Een wat, soos ons, in alle opsigte versoek is, en dit sonder dat Hy gesondig het.
HEBREËRS 4:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want ons het nie 'n hoëpriester wat nie deur die gevoel van ons swakhede aangeraak kan word nie; maar was in alle opsigte versoek soos ons, maar sonder sonde.